The Effectiveness of Using a Bilingualized Dictionary for Determining Noun Countability and Article Selection

  • Alice Yin Wa Chan Department of English, City University of Hong Kong, Hong Kong
Trefwoorden: telbaarheid van Engelse substantiewe, lidwoordstelsel in Engels, artikelseleksie, verklarende woordeboeke met vertalings, aanleerderswoordeboeke, Kantonnese EVT-leerders, tweedetaalverwerwing, effektiwiteit van woordeboeke

Samenvatting

Die effektiwiteit van die gebruik van verklarende woordeboeke met 'n tweetalige dimensie om substantiewe se telbaarheid en lidwoordseleksie te bepaal. Hierdie artikel bespreek die gebruik van 'n verklarende woordeboek met vertalings ("bilingualized dictionary"), naamlik die Oxford Advanced Learner's English–Chinese Dictionary 8 (OALECD8), deur gevorderde Hongkongse Kantonnese EVT-leerders vir die bepaling van die telbaarheid van substantiewe en die gepaardgaande lidwoordgebruik. 'n Homogene groep van 30 studente met Engels as hoofvak by 'n plaaslike universiteit het aan die studie deelgeneem, wat uit 'n taak bestaan het waar die telbaarheid van substantiewe bepaal en lidwoorde geselekteer moes word sonder en met die gebruik van 'n woordeboek. Die resultate toon dat, hoewel 'n verklarende woordeboek met vertalings nuttig is om leerders te help om die telbaarheid van substantiewe en die gepaardgaande lidwoorde te bepaal, leerders dikwels woordeboekinligting verkeerd interpreteer en op onvanpaste strukture baseer, wat tot lidwoordfoute en/of verkeerde besluite ten opsigte van telbaarheid lei. Chinese vertalings is ook soms die oorsaak van foute. Die resultate van die studie verskaf aanwysings aan leksikograwe vir die seleksie van inligting oor substantiewe wat in 'n aanleerderswoordeboek ingesluit behoort te word. Meer eksplisiete inligting oor die telbaarheid van substantiewe en die verwante gebruik van lidwoorde behoort in 'n meer gebruikersvriendelike ontwerp voorsien te word. EVT-onderwysers word ook aangeraai om gevorderde leerders analises te laat doen wat die verskillende sintaktiese vereistes van ekwivalente woordeskatitems in die doel- en die brontale ontbloot wanneer 'n verklarende woordeboek met vertalings gebruik word.
Gepubliceerd
2017-11-07
Citeerhulp
Chan, A. Y. W. (2017). The Effectiveness of Using a Bilingualized Dictionary for Determining Noun Countability and Article Selection. Lexikos, 27(1). https://doi.org/10.5788/27-1-1399
Sectie
Artikels/Articles