A Usability Evaluation of the Prototype Afrikaanse idiome-woordeboek

  • Liezl H. Ball Department of Information Science, University of Pretoria, South Africa
  • Theo J.D. Bothma Department of Information Science, University of Pretoria, South Africa

Samenvatting

'n Bruikbaarheidsevaluering van die prototipe van die Afrikaanse idiome-woordeboek. Die Afrikaanse idiome-woordeboek is 'n prototipe e-woordeboek van Afrikaanse vaste uitdrukkings wat ontwikkel is met die doel om die funksionaliteit van die e-woordeboek te toets. Die woordeboek is gebaseer op die funksieteorie van leksikografie. Die e-woordeboek maak gebruik van verskeie tegnologieë. Wanneer digitale werktuie ontwikkel word is dit belangrik om die bruikbaarheid van die tuig te oorweeg. Bruikbaarheidsevaluering is op die Afrikaanse idiome-woordeboek gedoen om te bepaal met watter mate van sukses dit gebruik kan word. Die metodes van afslag-bruikbaarheidsevaluering, naamlik heuristiese evaluering en bruikbaarheidstoetsing is gebruik. Hierdie artikel doen verslag oor die bevindinge van die bruikbaarheidstoetse en dit word bespreek onder die kategorieë inhoud, inligtingargitektuur, navigasie, toegang (soek en snuffel), hulp, aanpassing en die gebruik van innoverende tegnologieë om data in e-woordeboeke te bestuur vir soek- en vertoondoeleindes. Die bruikbaarheidsevaluering het gewys dat die gebruikers nie altyd die e-woordeboek gebruik het soos die ontwerpers bedoel het nie. Verskeie aanbevelings is gemaak vir die ontwerpers van die Afrikaanse idiome-woordeboek, so wel as vir die ontwerp van e-woordeboeke in die algemeen. Aanbevelings toepaslik vir e-woordeboeke in die algemeen is ook gemaak oor bruikbaarheidsevaluering, inligtingargitektuur, soek in e-woordeboeke, die data wat in e-woordeboeke ingesluit kan word en die opleiding van gebruikers van e-woordeboeke.
Gepubliceerd
2017-11-07
Citeerhulp
Ball, L. H., & Bothma, T. J. (2017). A Usability Evaluation of the Prototype Afrikaanse idiome-woordeboek. Lexikos, 27(1). https://doi.org/10.5788/27-1-1395
Sectie
Artikels/Articles