Guessing Verb–Adverb Collocations: Arab EFL Learners' Use of Electronic Dictionaries

  • Safi Eldeen Alzi'abi English Department, Jerash University, Jerash, Jordan
Trefwoorden: werkwoord–bywoord-kollokasies, Arabiese EVT-leerders, gebruiklike werkwoorde, ongebruiklike werkwoorde, opleiding in woordeboekgebruik, kollokasiewoordeboeke, woordeboekgebruik, aanleerderswoordeboeke

Samenvatting

Die raai van werkwoord–bywoord-kollokasies: Arabiese EVT-leerders se gebruik van elektroniese woordeboeke. Kollokasienavorsing het onlangs baie belangstelling ontlok. Tot op hede het byna geen studie Arabiese EVT-leerders se vaardighede in die gebruik van werkwoord–bywoord-kollokasies ondersoek nie. Hierdie studie ondersoek die manier waarop gevorderde Arabiese EVT-leerders met werkwoord–bywoord-kollokasies omgaan terwyl hulle twee aanleerderswoordeboeke gebruik. Die proefpersone (N = 82) is versoek om 22 werkwoorde, waarvan 12 gebruiklik en 10 ongebruiklik was, na te slaan en drie bywoordelike kollokasies vir elke werkwoord te raai. Die resultate het getoon dat selfs gevorderde EVT-leerders aansienlike probleme ondervind het om ekstra bywoordelike kollokasies vir sowel gebruiklike as ongebruiklik werkwoorde te verskaf. Woordeboekgebruik was effektief; die proefpersone het aansienlik beter gevaar by veral gebruiklike werkwoorde. Baie redes is voorgestel vir hierdie bevinding, waarvan die belangrikstes die proefpersone se gebrek aan kollokasionele vaardighede ingesluit het, asook die gebrek aan voldoende leidrade in die definisies om woordeboekgebruikers se korrekte gebruik van kollokasies te vergemaklik. Terwyl daar bevind is dat kennis van die betekenis van die stimuli 'n betekenisvolle bydraende faktor tot die proefpersone se oorkoepelende kollokasionele bedrewenheid gelewer het, het basiese vorige opleiding in woordeboekgebruik geen positiewe invloed op hulle algehele prestasie gehad nie.
Gepubliceerd
2017-11-07
Citeerhulp
Alzi’abi, S. E. (2017). Guessing Verb–Adverb Collocations: Arab EFL Learners’ Use of Electronic Dictionaries. Lexikos, 27(1). https://doi.org/10.5788/27-1-1394
Sectie
Artikels/Articles