The Interpretive Function: To Be or Not to Be, That is the Question

  • Heidi Agerbo Centre for Lexicography, School of Communication and Culture, Aarhus University, Aarhus, Denmark
Trefwoorden: lexikografiese funksieteorie, woordeboekfunksie, vertolkende funksie, inligtingshulpmiddels, taalkundige teken, nietaalkundige teken, toneelspel

Samenvatting

Die vertolkende funksie: Om te wees of nie te wees: dis die vraag.Omtrent 'n dekade gelede is daar voorgestel dat 'n nuwe funksie by die leksikografiese funk­sieteorie gevoeg moet word, naamlik die vertolkende funksie. Min of geen navorsing is egter oor hierdie funksie gedoen nie, en hoewel daar slegs voorgestel is dat hierdie nuwe funksie relevant was en by die leksikografiese teorie ingewerk behoort te word, het sommige navorsers sedertdien aan­vaar dat hierdie funksie bestaan, insluitende die outeur van hierdie bydrae. In Agerbo (2016) bied ek argumente ter ondersteuning van die opname van die vertolkende funksie in die funk­sie­teorie en doen aan die hand hoe nietaalkundige tekens in spesifieke woordeboekartikels behandel kan word. Weens die bevindinge van onlangse navorsing argumenteer ek egter in die huidige artikel dat die vertolkende funksie nie beskou behoort te word as 'n aparte hooffunksie nie. Die ver­tolkende funksie, in teenstelling met sommige definisies, hou nie verband met toneelspel nie en dus is die enigste verskil tussen resepsie en interpretasie dat hulle werk met verskillende soorte tekens. Die soort teken is egter nie relevant vir 'n funksie nie, of eerder, dit behoort nie 'n maatstaf te wees om tussen funksies te onderskei nie. Die lemmaseleksie vir die kommunikatiewe, kogni­tiewe sowel as die operatiewe funksies kan en behoort sowel taalkundige as nietaalkundige tekens in te sluit. Teoreties is daar dus geen rede om 'n vierde woordeboekfunksie te identifiseer nie, soos voor­gestel deur Tarp (2008), en prakties het die ontwikkeling van moderne tegnologie die afstand in die behandeling van verskillende soorte tekens verklein, wat dit vir leksikograwe makliker maak om nietaalkundige tekens te lemmatiseer. Wat betref die punt dat nietaalkundige tekens ook leksi­ko­grafiese aandag waardig is, bly my voorstel uit 2016 steeds geldig, met die verskil in hierdie bydrae dat die vertolkende funksie nie beskou word as 'n aparte funksie nie.
Gepubliceerd
2017-11-07
Citeerhulp
Agerbo, H. (2017). The Interpretive Function: To Be or Not to Be, That is the Question. Lexikos, 27(1). https://doi.org/10.5788/27-1-1392
Sectie
Artikels/Articles