The Incorporation of Specialised Data in Lexicographical Meaning Explanations: A Discussion Based on Sports and Fitness Terms

  • Heidi Agerbo Centre for Lexicography, Department of Business Communication, School of Business and Social Sciences, Aarhus University, Aarhus, Denmark
Trefwoorden: betekenisomskrywing, funksieteorie, inleidende gedeelte, soort gebruiker, gebruikersituasie, algemene woordeboek, gespesialiseerde woordeboek, sport, fiksheid

Samenvatting

Die opname van gespesialiseerde inligting in leksikografiese betekenisomskrywings. 'n Bespreking gebaseer op sportsoorte en fiksheidsterme.Vakspesifieke woorde se hantering is problematies in sowel algemene as gespesialiseerde woordeboeke. In hierdie artikel word dit toegelig met die vakgebiede sport en fiksheid as vertrekpunt en word daar gefokus op betekenisomskrywing. In baie gevalle is dit veral die hantering in algemene woordeboeke wat uitloop op onvoldoende oplossings wat nie voldoende voorsiening maak vir die gebruiker se behoeftes as ons dit beskou vanuit die hoek van die funksieteorie nie, waarvolgens 'n woordeboek ontwerp word om 'n spesifieke soort gebruiker te help met 'n presiese inligtingsbehoefte wat spruit uit 'n spesifieke soort buiteleksikografiese gebruikersituasie. Tydens hierdie studie is 'n totaal van 44 algemene en gespesialiseerde inligtingshulpmiddels in Engels en Deens ontleed. Die eerste deel van die ondersoek het ingehou dat 'n ontleding van die inleidende gedeelte gedoen is om die bedoelde gebruikersituasie(s) en gebruikers van elke hulpmiddel te bepaal. In die tweede gedeelte is 'n uitgesoekte aantal lemmas wat met sportsoorte en/of fiksheid te doen het in die woordeboeke ontleed. Hierdie woorde wat deel vorm van die toets en hulle betekenisomskrywings in elke woordeboek is vergelyk met die gebruikersituasie(s) en gebruiker(s) wat in die woordeboek genoem word. Op grond van hierdie vergelyking word 'n aantal probleme bespreek wat met die betekenisomskrywings geïdentifiseer is en 'n stel beginsels vir die beste praktyk word voorgestel vir die saamstel van betekenisomskrywings in die geval van gespesialiseerde terme. Die studie het getoon dat 'n groot aantal van hierdie inligtingshulpmiddels òf nie hulle funksies duidelik spesifiseer nie, òf in sekere mate nie heeltemal aan hulle bedoelde funksies voldoen nie. Bykomende interessante gevolgtrekkings is ook gemaak, aangesien party woordeboeke eksplisiet of implisiet ontwerp is met operatiewe en verklarende funksies, funksies wat nog nie volledig opgeneem is in die leksikografiese teorie nie. Die oorhoofse bevindings uit hierdie studie het gelei tot 'n voorgestelde funksie-gebaseerde definisie van betekenisomskrywings wat toegepas kan word op alle tipes inligtingshulpmiddels.
Gepubliceerd
2016-11-17
Citeerhulp
Agerbo, H. (2016). The Incorporation of Specialised Data in Lexicographical Meaning Explanations: A Discussion Based on Sports and Fitness Terms. Lexikos, 26(1). https://doi.org/10.5788/26-1-1360
Sectie
Artikels/Articles