Etc. The Long-Lasting Defining Device: Unravelling the Mystery

  • Safi Eldeen Alzi'abi English Department, Jerash University, Jerash, Jordan
Trefwoorden: aanleerderswoordeboeke, definiËringstegnieke, stylgidse, 'etc.'-patrone, 'etc.' in elektroniese woordeboeke, definisies met 'etc.', voorkomsfrekwensie van 'etc.', items voor 'etc.'

Samenvatting

'Etc.' Die lank bestaande definiëringshulpmiddel: Die ontrafeling van die misterie.In sy afgekorte vorm is 'etc.' 'n leksikografiese hulpmiddel wat terugdateer tot vroeg in die 15de eeu. Dit word op groot skaal in eentalige woordeboeke vir moedertaalsprekers en EVT-leerders gebruik om 'n wye verskeidenheid taalpatrone te dien. Ongelukkig blyk daar min navorsing te wees oor die manier waarop hierdie taalkundige eenheid gebruik is, ten spyte daarvan dat daar 'n oorvloed literatuur is met besonderhede van woordeboekmaak. Hierdie beskrywende analitiese studie dui die manier waarop 'etc.' gebruik word in EVT-aanleerderwoordeboeke aan en lê onbekende bewyse bloot oor die frekwensie waarmee dit voorkom. Die onverwerkte statistiek rakende die gebruik van 'etc.' in die makro- en mikrostruktuur van 'n deursnee van vier aanleerderwoordeboeke toon dat dit wyd gebruik is, maar dat dit in baie gevalle weggelaat kan word. Die ontleding van 'n groot groep definisies toon dat 'etc.' voorgekom het in die definisies van trefwoorde van alle woordklasse en soms meer as een keer in baie betekenisse van polisemiese leksikale items in die bestek van een tot vyf lekseme wat 'etc.' voorafgaan het. Hierdie algemene gebruik van 'etc.' mag bykomende druk plaas op woordeboekgebruikers in hulle desperate poging om die definisies te verstaan. Miskien is dit hoog tyd dat 'etc.' as verouderd en uitgedien beskou word en met iets vervang word wat homself leen tot hierdie tydperk van die moderne tegnologie, waar ruimte nie langer 'n groot oorweging is vir woordeboekmakers nie.
Gepubliceerd
2016-11-17
Citeerhulp
Alzi’abi, S. E. (2016). Etc. The Long-Lasting Defining Device: Unravelling the Mystery. Lexikos, 26(1). https://doi.org/10.5788/26-1-1359
Sectie
Artikels/Articles