On the Metalexicographic Genre of Dictionary Reviews, with Specific Reference to <i>LexicoNordica</i> and <i>Lexikos</i>

  • Henning Bergenholtz Centre for Lexicography, Aarhus University, Aarhus, Denmark and Department of Afrikaans and Dutch, Stellenbosch University, Stellenbosch, South Africa
  • Rufus H. Gouws Department of Afrikaans and Dutch, Stellenbosch University, Stellenbosch, South Africa
Trefwoorden: gehalteversekering, kenmerke van 'n goeie resensie, metaleksikografiese publikasies, resensie-artikels, resensies, teikenlesers, werklike doel, woordeboekkritiek, woordeboekkultuur, woordeboekresensies

Samenvatting

Oor die metaleksikografiese genre van woordeboekresensies, met spesifieke verwysing na LexicoNordica en Lexikos.Wiegand (1984) het woordeboekkritiek as formele komponent van 'n algemene leksikografieteorie voorgestel. Sedertdien het baie navorsers aandag aan verskillende aspekte van woordeboekkritiek gegee. In hierdie artikel word 'n onderskeid gemaak tussen twee hooftipes woordeboekkritiek, naamlik resensies van metaleksikografiese literatuur en resensies van woordeboeke. Verskillende tipes woordeboekresensies word onderskei, naamlik 'n kort bespreking sonder 'n kritiese evaluering, 'n uitvoeriger resensie, 'n resensie-artikel, reaksie op 'n resensie of resensie-artikel, 'n eweknieresensie en die evaluering van 'n woordeboek as deel van 'n groter metaleksikografiese bydrae. Hierdie artikel kyk kortliks na die bestek van woordeboekkritiek en na verskillende kriteria vir woordeboekresensies voordat daar gefokus word op aspekte van woordeboekresensies in die Skandinawiese leksikografietydskrif LexicoNordica en die Suid-Afrikaanse leksikografietydskrif Lexikos. 'n Vergelyking word getref tussen resensies in hierdie twee tydskrifte met verwysing na opvallende ooreenkomste en verskille. Daar word ook aangetoon dat resensies in Lexikos dikwels na onderwerpe verwys wat nie so relevant is vir LexicoNordica nie. Dit spruit daaruit voort dat woordeboeke iets weerspieël van die linguistiese en kulturele omgewing waar hulle gepubliseer word.Voorstelle word gemaak ter verbetering van die gehalte van resensies in Lexikos wat kan help om 'n sterker teoretiese benadering te verseker tot resensies as 'n genre wat die metaleksikografiese diskoers verhoog asook die woordeboekkultuur van 'n gegewe samelewing verbeter.
Gepubliceerd
2016-11-17
Citeerhulp
Bergenholtz, H., & Gouws, R. H. (2016). On the Metalexicographic Genre of Dictionary Reviews, with Specific Reference to <i>LexicoNordica</i> and <i>Lexikos</i&gt;. Lexikos, 26(1). https://doi.org/10.5788/26-1-1358
Sectie
Artikels/Articles