Adapting a Historical Dictionary for the Modern Online User: The Case of the <i>Dictionary of South African English on Historical Principles</i>'s Presentation and Navigation Features

  • André Du Plessis Department of Afrikaans and Dutch, Stellenbosch University, Stellenbosch South Africa
  • Tim Van Niekerk Dictionary Unit for South African English, Rhodes University, Grahamstown, South Africa
Trefwoorden: Suid-Afrikaanse Engels, historiese woordeboek, aanlyn woordeboek, aanpassing van gedrukte woordeboeke, mikrostruktuur, makrostruktuur gebruikerstudies, data-aanbieding, bruikbaarheid, navigasie

Samenvatting

Die herstrukturering van 'n historiese woordeboek vir moderne aanlyn gebruikers: Die geval van die Dictionary of South African English on Historical Principles se data-aanbieding- en navigasie-eienskappe.In 2016 is 'n samewerkingsooreenkoms tussen die Dictionary Unit for South African English (DSAE) en die Universiteit Stellenbosch (US) van stapel gestuur om aandag te skenk aan die onvoldoende struktuur, uitleg en funksionaliteit van die aanlyn Dictionary of South African English on Historical Principles (DSAEHist). Hierdie artikel bied 'n blik op die aanvanklike resultate van hierdie samewerkingsooreenkoms en wys ook hoe hierdie historiese woordeboekaangepas word vir die digitale era. Soos met talle ander gedrukte woordeboeke wat omgeskakel word na elektroniese aanlyn woordeboeke, het die loodsweergawe van die aanlyn DSAEHist nog soos 'n gedrukte woordeboek gelyk en gefunksioneer, al was die toegangstruktuur ietwat meer gebruikersvriendelik. 'n Verdere probleem is dat 'n historiese woordeboek soos die DSAEHist 'n groot aantal diachroniese data moet kan vertoon. Daarom moet die artikel- en mikrostruktuur, asook die toegangstruktuur, herontwerp en herbedink word. Daarbenewens moet die algehele uitleg en aanbieding van data ten opsigte van gebruikersvriendelikheid vir die elektroniese sfeer ook verfyn word. Ten einde die DSAEHist in staat te stel om nuwe gebruikers te lok en te behou, asook om ooreen te stem met die standaarde en beginsels van moderne internet- en mobiele praktyke, is stilistiese, navigasie- en funksionele veranderinge aangebring. Hierdie artikel het ten doel om te wys hoe 'n kosbare kulturele en taalbron aangepas word vir die digitale era.
Gepubliceerd
2016-11-17
Citeerhulp
Du Plessis, A., & Van Niekerk, T. (2016). Adapting a Historical Dictionary for the Modern Online User: The Case of the <i>Dictionary of South African English on Historical Principles</i&gt;’s Presentation and Navigation Features. Lexikos, 26(1). https://doi.org/10.5788/26-1-1357
Sectie
Artikels/Articles