Op pad na 'n omvattende woordeboekkultuur in die digitale era

  • Rufus H. Gouws Departement Afrikaans en Nederlands, Universiteit Stellenbosch, Stellenbosch, Suid-Afrika
Trefwoorden: aanlyn woordeboeke, buiteleksikografiese aspekte, digitale era, gebruikerstipes, gebruikersvriendelikheid, Generasie Z, leksikografiese werktuie, metaleksikografie, omvattende woordeboekkultuur, woordeboekdidaktiek, woordeboekkultuur, woordeboeknavorsing

Samenvatting

Na 'n kort inleiding bied dié artikel 'n bespreking van bepaalde aspekte van die ontwikkeling van die leksikografieteorie. Spesifieke aandag word gegee aan onder meer verskillende fases in dié ontwikkeling, voorsiening wat gemaak moet word vir die gebruik van verskillende leksikografiese werktuie, asook die gebruikersperspektief. Die hooffokus van hierdie artikel is op die ontwikkeling van 'n omvattende woordeboekkultuur wat die tradisionele verdeling tussen gebruikersvriendelikheid en woordeboekkultuur onder een oorkoepelende omvattende woordeboekkultuur verenig. 'n Tweerigtingverhouding tussen samelewing en leksikografie word bespreek en daar word gewys op bepaalde aanpassings wat gemaak moet word ter verbetering van die woordeboekkultuur. Dit sluit sowel leksikografiese as buiteleksikografiese aanpassings in. Die onderskeid tussen 'n kollektiewe en 'n indiwiduele omvattende woordeboekkultuur word bespreek en daar word voorgestel dat woordeboekkultuur nie 'n afsonderlike hoofkomponent van woordeboeknavorsing moet wees nie, maar eerder in al vier die bestaande hoofkomponente geïntegreer moet word. In die digitale era behoort baie potensiële woordeboekgebruikers tot Generasie Z. Kenmerke van hierdie gebruikersgroep word kortliks bespreek. Die behoefte aan 'n aanpassing in die leksikografie om lede van Generasie Z by woordeboekgebruik te betrek, word genoem. Daar word van die standpunt uitgegaan dat woordeboekdidaktiek 'n belangrike rol moet speel in die vestiging van 'n omvattende woordeboekkultuur onder hierdie geslag gebruikers. Dié woordeboekkultuur moet ook op die gebruik van ander naslaanbronne gerig wees.
Gepubliceerd
2016-11-17
Citeerhulp
Gouws, R. H. (2016). Op pad na ’n omvattende woordeboekkultuur in die digitale era. Lexikos, 26(1). https://doi.org/10.5788/26-1-1356
Sectie
Artikels/Articles