The Application of the Prototype Theory in Lexicographic Practice: A Proposal of a Model for Lexicographic Treatment of Polysemy

  • Ana Halas Faculty of Philosophy, University of Novi Sad, Novi Sad, Serbia
Trefwoorden: leksikologie, leksikografie, kognitiewe linguistiek, prototipeteorie, polisemie, woordeboekinskrywing, model, betekenisonderskeiding, betekenisdefiniËring, inskrywingstruktuur

Samenvatting

Die toepassing van die prototipeteorie in die leksikografiese praktyk: 'n Voorstel vir 'n model vir die leksikografiese hantering van polisemie.Die doel van hierdie artikel is die aantoon van basiese implikasies van die prototipeteorie vir die leksikografiese praktyk en die gebruik daarvan as stewige grondslag vir die ontwikkeling en voorstelling van 'n model vir sistematiese, konsekwente, noukeurige en veral betroubare hantering van polisemie in woordeboeke. Die belangrikste vereiste vir so 'n model is die verheldering van die hoofkenmerke van 'n polisemiese struktuur met inbegrip van hiërargiese samestelling, onderlinge verwantskap van betekenisse gegrond op gemeenskaplike ooreenkomste en gemotiveerde afleiding van betekenisse. Die voorgestelde model sluit drie uiters uitdagende maar sleutelaspekte van die leksikografiese hantering van polisemie in: betenisonderskeiding, betekenisdefiniëring en die struktuur en samestelling van 'n woordeboekinskrywing. Die prototipe-gebaseerde beskouing van 'n polisemiese struktuur word geïllustreer deur 'n diagram. Hierdie diagram is 'n voorgestelde verbetering van die radiale reeks-model wat deur Brugman en Lakoff (1988) bekendgestel is en wat 'n ontwerp verskaf vir die skep van 'n woordeboekinskrywing vir 'n polisemiese woord. Nadat die praktiese aspekte van die voorgestelde model in besonderhede uitgelê is, volg daar 'n illustrasie van 'n voorbeeldinskrywing vir 'n hoogs polisemiese werkwoord wat geskep is volgens die voorgestelde model. Daar word verwag dat 'n stewige teoretiese grondslag vir die model die praktiese doeltreffendheid daarvan, veral betreffende die vinnige en eenvoudige vasstelling en begrip van die betekenisse, sal verseker.
Gepubliceerd
2016-11-17
Citeerhulp
Halas, A. (2016). The Application of the Prototype Theory in Lexicographic Practice: A Proposal of a Model for Lexicographic Treatment of Polysemy. Lexikos, 26(1). https://doi.org/10.5788/26-1-1355
Sectie
Artikels/Articles