Lemmatisation of Fixed Expressions: The Case of Proverbs in Northern Sotho

  • I.M. Kosch Department of African Languages, University of South Africa, Pretoria, South Africa
Trefwoorden: meervoudige woorduitdrukkings, spreekwoorde, leksikografiese beskrywing, sleutelkomponent, hoofwoord, algemene woordeboek, spesiale doel woordeboek

Samenvatting

Lemmatisering van vaste uitdrukkings: Die geval van spreekwoorde in Noord-Sotho.Die doel van hierdie artikel is om 'n kwantitatiewe en kwalitatiewe bepaling te maak van die leksikografiese hantering en lemmatisering van spreekwoorde in die Wörterbuch der Sotho-Sprache (Endemann 1911) vergeleke met geselekteerde Noord-Sotho woordeboeke. Ten einde spreekwoorde, wat vaste meervoudige woorduitdrukkings is, te huisves, word hulle gewoonlik as sub-lemmas onder 'n bepaalde enkelvoudige hoofwoord geakkommodeer, gewoonlik een van die sleutelkomponente van die spreekwoord. Die keuse van 'n sleutelkomponent hang af van die subjektiewe oordeel van die leksikograaf. Hierdie selektiewe benadering kan tot gevolg hê dat spreekwoorde uit die oog verdwyn as geen van hul komponente prominent genoeg deur die samesteller geag word om die insluiting van die spreekwoord onder 'n bepaalde hoofwoord te regverdig nie. Dit blyk die geval te wees in die woordeboek wat hier onder bespreking is, gegewe die skaarsste van spreekwoorde wat daarin opgeneem is. Aan die ander kant kan die weglating van spreekwoorde ook eenvoudig aan 'n praktiese oorweging toegeskryf word, soos beperkte spasie in 'n gedrukte woordeboek. 'n Woordeboekgebruiker mag dit uitdagend vind om 'n verlangde spreekwoord op te soek, veral as die individuele woorde 'n baie lae frekwensie het of selfs in onbruik geraak het in die moderne lewe. In dié geval, sal 'n woordeboek in elektroniese formaat die gebruiker bemagtig deur die gebruik van 'n elektroniese opsoekmetode. Woordeboeke vir spesiale doeleindes wat hul toespits op kultuur-gebaseerde segswyses soos spreekwoorde, speel 'n groot rol om dié kennis vir die nageslag te bewaar.
Gepubliceerd
2016-11-17
Citeerhulp
Kosch, I. (2016). Lemmatisation of Fixed Expressions: The Case of Proverbs in Northern Sotho. Lexikos, 26(1). https://doi.org/10.5788/26-1-1354
Sectie
Artikels/Articles