A Critical Analysis of Multilingual Dictionaries

  • D.J. Prinsloo Department of African Languages, University of Pretoria, Pretoria, South Africa
Trefwoorden: meertalige woordeboeke, makrostruktuur, mikrostruktuur, Afrikatale, tematiese ordening, alfabetiese ordening

Samenvatting

'n Kritiese evaluering van veeltalige woordeboeke.In hierdie artikel word die leksikografiese waarde van veeltalige woordeboeke geëvalueer. Woordeboeke wat drie of meer tale wat in Suid-Afrika gepraat word leksikografies bewerk, dien as voorbeeld. Daar sal gepoog word om hulle sterk punte en tekortkominge as naslaanbronne en aanleerhulpmiddels te omskryf. Klem sal gelê word op veronderstelde tekortkominge in die makro- en mikrostrukture van sulke woordeboeke met spesifieke verwysing na die lemmatisering van algemeen gebruikte woorde, kwaliteit van die woordeboekartikels en konsekwentheid in die aanbieding.
Gepubliceerd
2016-11-17
Citeerhulp
Prinsloo, D. (2016). A Critical Analysis of Multilingual Dictionaries. Lexikos, 26(1). https://doi.org/10.5788/26-1-1351
Sectie
Artikels/Articles