Illustrative Examples in a Bilingual Decoding Dictionary: An (Un)necessary Component?

  • Alenka Vrbinc Faculty of Economics, University of Ljubljana, Ljubljana, Slovenia
  • Marjeta Vrbinc Faculty of Arts, Department of English, University of Ljubljana, Ljubljana, Slovenia
Trefwoorden: toeligtende voorbeelde, tweetalige dekoderende woordeboek, semantiese verskille tussen brontaal (BT) en doeltaal (DT), grammatiese verskille tussen BT en DT, vertaling van voorbeelde, transposisie, konteks-afhanklike vertaling, eenwoordekwivalent

Samenvatting

Toeligtende voorbeelde in 'n tweetalige dekoderende woordeboek: 'n (On)nodige Komponent?Die beginsels onderliggend aan die insluiting van toeligtende voorbeelde in 'n dekoderende Engels–Sloveense woordeboek word in hierdie artikel bespreek. Die insluiting van voorbeelde in dekoderende tweetalige woordeboeke kan geregverdig word deur die semantiese en grammatiese verskille tussen die bron- en doeltale in ag te neem. Onder die verskille tussen die woordeboekekwivalent, wat die mees frekwente vertaling van die lemma in 'n sekere sin verteenwoordig, en die vertaling van die lemma in die toeligtende voorbeeld, moet die volgende uitgelig word: die verskille in woordsoort; konteks-afhanklike vertaling van die lemma in die voorbeeld; die eenwoordekwivalent van die voorbeeld; zero-ekwivalensie; en idiomatiese vertaling van die voorbeeld. Al hierdie verskille word aangespreek en in besonderhede bespreek saam met die voorbeeldinskrywings geneem uit 'n tweetalige Engels–Sloveense woordeboek. Die oogmerk is die ontwikkeling van kriteria vir die seleksie van toeligtende voorbeelde wat die woordeboekekwivalent(e) in 'n grammatiese, leksikale, semantiese en kontekstuele sin moet aanvul. Afgesien hiervan word argumente ook gevoer vir die vertaling van voorbeelde in die doeltaal. Die belangrikste gevolgtrekking is dat voorbeelde wat in 'n tweetalige dekoderende woordeboek ingesluit word, versigtig gekies moet word en vertaal moet word in die doeltaal, aangesien leksikale sowel as grammatiese veranderings in die vertaling van voorbeelde nie net 'n hoë vlak van kennis van beide tale vereis nie, maar ook vertalingsvermoëns.Sleutelwoorde: toeligtende voorbeelde; tweetalige dekoderende woordeboek; semantiese verskille tussen brontaal (BT) en doeltaal (DT); grammatiese verskille tussen BT en DT; vertaling van voorbeelde; transposisie; konteks-afhanklike vertaling; eenwoordekwivalent; zero-ekwivalent; idiomatiese vertaling
Gepubliceerd
2016-11-17
Citeerhulp
Vrbinc, A., & Vrbinc, M. (2016). Illustrative Examples in a Bilingual Decoding Dictionary: An (Un)necessary Component?. Lexikos, 26(1). https://doi.org/10.5788/26-1-1348
Sectie
Artikels/Articles