Learner Features in a New Corpus-based Swahili Dictionary

  • Beata Wójtowicz Department of African Languages and Cultures, University of Warsaw, Warsaw, Poland
Trefwoorden: Swahili, Pools, tweetalige leksikografie, woordeboekprojek, korpusgebaseerde leksikografie

Samenvatting

Aanleerderskenmerke in 'n Nuwe Korpusgebaseerde Swahiliwoordeboek.Dwarsdeur die lang geskiedenis van Swahilileksikografie is die meeste nuwe woordeboeke, veral tradisioneel gepubliseerde Swahili taalwoordeboeke, op hulle voorgangers gebaseer. Tot dusver is die enigste innoverende tradisioneel gedrukte korpusgebaseerde woordeboek gepubliseer deur Finse vakkundiges (Abdulla et al. 2002). Hierdie woordeboek trek voordeel uit die Helsinki Korpus van Swahili" (HCS 2004) en was 'n inspirasie vir die nuwe Swahili–Poolse woordeboekprojek wat in hierdie artikel beskryf word. Die Swahili–Poolse taalpaar, wat sonder twyfel beskryf kan word as gebrekkig aan hulpbronne, het nie baie leksikografiese voorgangers waarop 'n nuwe woordeboek gebaseer kan word nie. Daarom maak die nuwe woordeboek staat op data uit die Swahilikorpus.In hierdie artikel lê ons 'n nuwe, korpusgebaseerde Swahili–Poolse woordeboek voor wat aanlyn gepubliseer sowel as gedruk is. Die artikel stel die bronne bekend wat gebruik is om die woordeboek op te bou, sy aanleerdersgerigte kenmerke en taalkundige veronderstellings, met 'n fokus op die begrip van visualisering van afleidingshiërargieë.
Gepubliceerd
2016-11-17
Citeerhulp
Wójtowicz, B. (2016). Learner Features in a New Corpus-based Swahili Dictionary. Lexikos, 26(1). https://doi.org/10.5788/26-1-1343
Sectie
Lexikonotas/Lexiconotes