The Corpora of China English: Implications for an EFL Dictionary for Chinese Learners of English

  • Lixin Xia Centre for Lexicographical Studies, Guangdong University of Foreign Studies, Guangzhou, P.R. China
  • Yun Xia Department of International Studies, Nanfang College of Sun Yat-Sen University, Guangzhou, P.R. China
  • Yihua Zhang Centre for Lexicographical Studies, Guangdong University of Foreign Studies, Guangzhou, P.R. China
  • Hilary Nesi School of Arts and Humanities, Coventry University, Coventry, United Kingdom
Trefwoorden: China-Engels, korpus, definisies, Engels–Chinese aanleerderswoordeboek, Engelse variëteite, glosse, lemmaseleksie, etikette, leksikografie, taalkundige kenmerke van China Engels, taalkontak, variëteite van Wêreld-Engels

Samenvatting

Die korpora van China-Engels: Implikasies vir 'n EVT-woordeboek vir Chinese aanleerders van Engels.Die lokalisering van die Engelse taal in China het 'n eiesoortige Engelse variëteit tot stand gebring wat as China-Engels bekend geword het. Onlangs is of word verskeie korpora van China-Engels saamgestel; dit sal ons help om die gevestigde taalkundige kenmerke van hierdie variëteit te identifiseer, en dit behoort die samestelling van 'n Engelse woordeboek vir Chinese aanleerders van Engels wat binne die Chinese kulturele kontekste optree en wat moet verwys na konsepte en verskynsels spesifiek tot China grootliks te vergemaklik. Hierdie artikel stel kortliks China-Engelse korpora bekend volgens hul beginsels, komponente en huidige status, en ondersoek hul moontlike toepassing op leksikografiese projekte rakende lemmaseleksie en -insluiting, die onttrekking van definisies en stelsels vir glossering en etikettering.
Gepubliceerd
2016-11-17
Citeerhulp
Xia, L., Xia, Y., Zhang, Y., & Nesi, H. (2016). The Corpora of China English: Implications for an EFL Dictionary for Chinese Learners of English. Lexikos, 26(1). https://doi.org/10.5788/26-1-1342
Sectie
Lexikonotas/Lexiconotes