Centre for Political and Related Terminology in Southern African Languages (CEPTSA) — Translating and Explanatory Dictionaries

  • Mariëtta Alberts Research Unit for Languages and Literature in SA Context, North-West University, Potchefstroom Campus, Potchefstroom, South Africa
Trefwoorden: brontaal, doeltaal, kernterme, politiek, teikengroep, terminologie, tweerigting woordeboek, tweetalige woordeboek, vakgebied, verklarende woordeboek, vertalende woordeboek, woordeboek

Samenvatting

Die Sentrum Vir Politieke en Verwante Terminologie in Suider-Afrikaanse Tale (CEPTSA) — Vertalende en verklarende woordeboeke. Die Sentrum Vir Politieke en Verwante Terminologie in Suider-Afrikaanse Tale (CEPTSA) het die hersiene en bygewerkte tweetalige vertalende weergawe van die Nuwerwetse Politieke Woordeboek (NWP) in 2011 gepubliseer en dadelik begin om kernterme te definieer. Die fases van die projek wat verskillende vertalende en verklarende weergawes behels, word bespreek.Die doel van CEPTSA is om die gebruik van politieke en verwante terminologie in Suider-Afrika te bevorder. Navorsing word dus op hierdie vakterreine gedoen en relevante konsepte en terme word versamel, gedefinieer en vertaal. Die brontaal is Engels en aanvanklik was die doeltaal Afrikaans. Die Sentrum het egter reeds 'n lys met 1000 kernterme van die vakgebied in Tswana, Noord-Sotho, Zulu en Xhosa saamgestel. Die Sentrum is tans besig om 'n verdere 1500 kernterme te verklaar en sodra die proses afgehandel is, sal die Engels/Afrikaanse kernterme en definisies gepubliseer word en die data in die amptelike Afrikatale vertaal word.Die Sentrum lewer 'n terminologies-vakkundige diens aan dosente en voor- en nagraadse studente in die internasionale politiek, staatkunde, publieke administrasie, plaaslike regering en administrasie, ontwikkeling- en strategiese studies. Die diens aan lede van die parlement, provinsiale wetgewers en plaaslike bestuur, taalpraktisyns en die media kan nie onderskat word nie.Die Sentrum het verskillende toekennings gekry vir die tweetalige publikasies wat reeds die lig gesien het, naamlik die Woordeboekkategorie van die Suid-Afrikaanse Vertalersinstituut (SAVI) (2003), die Woordfeestoekenning van die Afrikaanse Taal- en Kultuurvereniging (ATKV) (2006) en die Stalprys van die Suid-Afikaanse Akademie vir Wetenskap en Kuns (SAAWK) (2010).
Gepubliceerd
2015-11-20
Citeerhulp
Alberts, M. (2015). Centre for Political and Related Terminology in Southern African Languages (CEPTSA) — Translating and Explanatory Dictionaries. Lexikos, 25(1). https://doi.org/10.5788/25-1-1308
Sectie
Projekte/Projects