Diasystematic Information in the "Big Five": A Comparison of Print Dictionaries, CD-ROMS/DVD-ROMS and Online Dictionaries

  • Marjeta Vrbinc Faculty of Arts, University of Ljubljana, Ljubljana, Slovenia
  • Alenka Vrbinc Faculty of Economics, University of Ljubljana, Ljubljana, Slovenia
Trefwoorden: diasistematiese inligting, taksonomieë van diasistematiese inligting, etikette, eentalige aanleerderswoordeboeke, gedrukte woordeboeke, woordeboeke op cd-rom/dvd-rom, aanlyn woordeboeke, beperkings en begrensings rakende gebruik, lyste etikette in die voo

Samenvatting

Diasistematiese inligting in die "Groot Vyf": 'n Vergelyking van gedrukte woordeboeke, CD-ROMS/DVD-ROMS en aanlyn woordeboeke. Die inligting wat deur etikette verskaf word, word diasistematiese inligting genoem. Dit dui die beperkings en begrensings rakende die gebruik van 'n leksikale item aan. In die studie, waarvan die bevindings in hierdie bydrae aangebied word, word gefokus op vyf Britse eentalige aanleerderswoordeboeke (OALD9, LDOCE6, COBUILD7, CALD4, MED2) wat dikwels die "Groot Vyf" genoem word. Die doel van die studie is om die gedrukte uitgawe en die elektroniese weergawes (CD-ROM/DVD-ROM en aanlyn woordeboeke) daarvan te vergelyk om vas te stel of die lyste etikette wat gebruik word in een spesifieke woordeboek ooreenstem met ander weergawes van dieselfde woordeboek. Parallelle word dan tussen woordeboeke getrek om ooreenkomste en verskille te bepaal in die gebruik van etikette wat verskillende soorte diasistematiese inligting verskaf. Van die belangrikste bevindings van die studie is dat lyste etikette in al drie weergawes van dieselfde woordeboek verskil en dat sommige etikette wat in die lyste genoem word, glad nie in die A–Z-afdeling gebruik word nie of in 'n ander vorm gebruik word. Afgesien hiervan, kan sommige etikette wat in die woordeboeke gebruik word, so eenders geïnterpreteer word dat die gebruiker vir wie die woordeboek bedoel is, waarskynlik probleme sal ervaar om tussen die etikette te onderskei.Sleutelwoorde: diasistematiese inligting; taksonomieë van diasistematiese inligting; etikette; eentalige aanleerderswoordeboeke; gedrukte woordeboeke; woordeboeke op cd-rom/dvd-rom; aanlyn woordeboeke; beperkings en begrensings rakende gebruik; lyste etikette in die voorwerk; werklike gebruik van etikette
Gepubliceerd
2015-11-20
Citeerhulp
Vrbinc, M., & Vrbinc, A. (2015). Diasystematic Information in the "Big Five": A Comparison of Print Dictionaries, CD-ROMS/DVD-ROMS and Online Dictionaries. Lexikos, 25(1). https://doi.org/10.5788/25-1-1306
Sectie
Artikels/Articles