Preparing an Online Dictionary of Business Communication: From Idea to Design
Trefwoorden:
aanlyn woordeboek, sakekommunikasie, sakewoordeboek, vakleksikografie, funksieteorie
Samenvatting
Die voorbereiding van 'n aanlyn sakekommunikasiewoordeboek: Van idee tot ontwerp. In hierdie artikel word die plan bespreek vir 'n Engels–Spaans aanlyn sakekommunikasiewoordeboek gebaseer op die funksieteorie. Ná 'n kort oorsig oor leksikografiese tradisies binne hierdie veld word daar gefokus op die filosofie agter die algehele woordeboekkonsep, die metodes wat toegepas is om hierdie konsep te ontwikkel, sommige van die vereistes vir die ooreenstemmende databasis, sowel as die voorsienbare Internet-gebruikerskoppelvlak wat die gebruiker kan lei na tien verskillende artikels vir elke woord wat in die soekveld ingetik word.
Gepubliceerd
2015-11-20
Citeerhulp
Tarp, S. (2015). Preparing an Online Dictionary of Business Communication: From Idea to Design. Lexikos, 25(1). https://doi.org/10.5788/25-1-1305
Nummer
Sectie
Artikels/Articles
Outeursreg op alle materiaal wat in Lexikos gepubliseer is, berus by die Direksie van die Woordeboek van die Afrikaanse Taal. Dit staan skrywers egter vry om hulle materiaal elders te gebruik mits Lexikos (AFRILEX-reeks) erken word as die oorspronklike publikasiebron.