Collocations and Grammatical Patterns in a Multilingual Online Term Bank

  • Elsabé Taljard Department of African Languages, University of Pretoria, Pretoria, South Africa
Trefwoorden: kollokasies, grammatiese patrone, veeltalige terminologiedatabasis, semantiese prosodie, semantiese voorkeur, vry-toeganklike terminologiese hulpbron, korpus-gebaseerde terminologie

Samenvatting

Kollokasies en grammatikale patrone in 'n veeltalige aanlyntermbank. Hierdie artikel ondersoek die belangrikheid van die insluiting van verskillende tipes kollokatiewe inligting in 'n veeltalige terminologiese databank met die oog daarop om hierdie inligting aan die gebruiker via die gebruikerskoppelvlak beskikbaar te stel. Ons verwys spesifiek na die insluiting van emipriese en fraseologiese kollokasies, en ook na inligting oor grammatiese patrone. Aandag word ook gegee aan die verskaffing van inligting oor semantiese prosodie en semantiese voorkeur — aspekte wat nie veel aandag in Suid-Afrikaanse terminologiese databanke en vakwoordeboeke geniet nie. Verskeie strategieë vir die effektiewe semi-outomatiese onttrekking van kollokatiewe data uit vakgerigte korpora word ondersoek. Verskillende moontlikhede met betrekking tot die toegang tot en aanbieding van kollokatiewe inligting aan die gebruiker word oorweeg. Daar word geargumenteer dat gebruikers direkte toegang tot kollokatiewe inligting moet hê, en nie alleenlik via die lemmatiese adres van die term wat as deel van die kollokasie optree nie. Die navorsing word gedoen teen die agtergrond van die daarstel van 'n terminologiese hulpbron met vrye toegang, wat as opvoedkundige hulpmiddel ontwerp word ter ondersteuning van studente wat nie deur middel van hul L1 studeer en/of onderrig word nie.
Gepubliceerd
2015-11-20
Citeerhulp
Taljard, E. (2015). Collocations and Grammatical Patterns in a Multilingual Online Term Bank. Lexikos, 25(1). https://doi.org/10.5788/25-1-1304
Sectie
Artikels/Articles