The Design of Morphological/ Linguistic Data in L1 and L2 Monolingual, Explanatory Dictionaries: A Functional and/or Linguistic Approach?

  • P.H. Swanepoel Departement Afrikaans en Literatuurwetenskap, Unisa, Pretoria, Suid-Afrika
Trefwoorden: funksieteorie van leksikografie, linguistiese teorie van leksikografie, teoretiese, metodologiese en praktiese aspekte van leksikografie, die ontwerp van morfologiese data, die ontwerp van linguistiese data

Samenvatting

Die ontwerp van morfologiese/linguistiese data in eentalige, verklarende L1- en L2-woordeboeke: 'n Funksionele en/of linguistiese benadering? Die artikels in Klosa (2013a) bied inligting oor verskeie aspekte van die ontwerp van morfologiese data in (Duitse) taalwoordeboeke. Bergenholtz and Gouws (2013) verwerp egter die meeste van die bydraes vir leksikografiese doeleindes omdat hulle steun op linguistiese teorie(ë) (sien hulle kritiek op Klosa 2013b), in plaas van die Funksieteorie, en 'n foutiewe toepassing van metodes vir gebruikersnavorsing (sien hulle kritiek van Töpel 2013 se gebruik van die vraelys as metode vir gebruikersnavorsing). Die eerste doelstelling van hierdie artikel is om 'n kritiese ontleding te gee van Bergenholtz en Gouws (2013) se siening van die Funksieteoretiese benadering tot die teoretiese, metodologiese en praktiese aspekte van die ontwerp van morfologiese/linguistiese data in L1/L2 (taal-) woordeboeke. Daar word aangevoer dat die Funksieteoretiese benadering net vir leksikograwe 'n bruikbare oorsig oor die ontwerprigtings in gedrukte en elektroniese woordeboeke vir die keuse en aanbieding van morfologiese/linguistiese data bied. Verder, dat die gebruik van die Funksieteorie as teoretiese, metodologiese en praktiese basis vir die leksikografie teen allerlei probleme stuit. Die strategie wat Bergenholtz en Gouws (2013) gebruik in hulle kritiek op die linguistiese benadering tot die leksikografie is nie nuut nie, maar 'n bekende strategie van die retorika van Funksieteorie. Die tweede doel van hierdie artikel is dus om sommige van die algemene probleme van die Funksieteorie vir die beplanning, produksie en publikasie van woordeboeke aan te toon. Gegee hierdie probleem met die teoretiese, metodologiese en praktiese aspekte van die Funksieteorie, bied dit nie 'n lewensvatbare alternatief vir die linguistiese benadering tot die ontwerp van morfologiese/linguistiese data in L1/L2 (taal-) woordeboeke nie. Daar word aangevoer dat leksikograwe in die linguistiese leksikografie toegang het tot 'n omvattende bron van teoretiese, metodologiese en praktiese navorsing om die ontwerp van morfologiese/linguistiese data in L1/L2 (taal-) woordeboeke te ondersteun. Verder word aangevoer dat die Funksieteorie die belang van die funksionele veranderings in die ontwerp van (taal-) woordeboeke gevestig het, maar wat nou nodig is, is 'n waarlik multidisiplinêre benadering en nie een waarin die leksikografie gereduseer word tot die dienskneg van 'n ander dissipline, soos die inligtingskunde, of tot 'n reduksionistiese Funksieteorie van leksikografie nie.
Gepubliceerd
2015-11-20
Citeerhulp
Swanepoel, P. (2015). The Design of Morphological/ Linguistic Data in L1 and L2 Monolingual, Explanatory Dictionaries: A Functional and/or Linguistic Approach?. Lexikos, 25(1). https://doi.org/10.5788/25-1-1303
Sectie
Artikels/Articles