From Print to Digital: Implications for Dictionary Policy and Lexicographic Conventions

  • Michael Rundell Lexicography MasterClass and Macmillan Dictionary, London, United Kingdom
Trefwoorden: definisies, voorbeldsinne, digitale media, uitsluitingskriteria, hekwagter, leksikografiese konvensies, aanlyn woordeboek, gebruikersprofiel

Samenvatting

Van druk na digitaal: Implikasies vir woordeboekbeleid en leksikografiese norme. Redigeringsbeleide en leksikografiese norme ontwikkel al oor honderde jare. Dit het ontstaan in die tyd toe 'n woordeboek 'n gedrukte band was met vasgestelde dimensies — soos dit was vir die grootste deel van die geskiedenis van die woordeboek. In baie gevalle is die stylelemente wat as "natuurlike" eienskappe van woordeboeke beskou word, in der waarheid hulpmiddels wat ontwerp is om die maksimum hoeveelheid inligting in 'n beperkte beskikbare ruimte saam te pers. 'n Eenvoudige voorbeeld is 'n rekursiewe definisie wat in 'n aantal Engelse woordeboeke verskyn, waarby 'n nominalisering (soos bv. assimilasie) in terme van die verwante werkwoord gedefineer word ("die daad om te assimileer of die toestand van geassimileer wees"), en die gebruiker word genoodsaak om 'n tweede keer (die basiswoord) na te slaan. Is hierdie 'n ideale oplossing of word dit verkies bloot omdat dit minder ruimte in beslag neem as 'n onafhanklike verduideliking?Soos woordeboeke geleidelik van druk- na digitale medium beweeg, verdwyn hierdie ruimtebeperkings. Sekere probleme verdamp eenvoudig. Om 'n nietige voorbeeld te gee, die behoefte aan afkortings, tildes, en dies meer bestaan nie meer nie (alhoewel 'n verbasende aantal woordeboeke hierdie norme selfs in hul digitale weergawes behou). Die vraag ontstaan dus of ons die volledige reeks redigeringsbeleide en norms in die lig van die veranderde omstandighede behoort te beskou en te herevalueer. Hierdie studie neem 'n paar bekende redigeringsbeleide en aanbiedingsnorme in oënskou, en oorweeg dan watter daarvan nie meer toepaslik is in die digitale medium nie en met watter nuwe beleide hulle vervang kan word.
Gepubliceerd
2015-11-20
Citeerhulp
Rundell, M. (2015). From Print to Digital: Implications for Dictionary Policy and Lexicographic Conventions. Lexikos, 25(1). https://doi.org/10.5788/25-1-1301
Sectie
Artikels/Articles