Legal Terms in General Dictionaries of English: The Civil Procedure Mystery

  • Sandro Nielsen Centre for Lexicography, Aarhus University, Denmark and International Centre for Lexicography, University of Valladolid, Spain
Trefwoorden: leksikografie, inligtingshulpmiddels, korpusse, korpusleksikografie, kultuur-afhanklike domeine, kennis, lemmatisering, regstaal, woordeboekfunksies, kommunikatiewe funksies, dekodering, enkodering

Samenvatting

Regsterme in algemene Engelse woordeboeke: Die raaisel van die siviele proses. Baie algemene woordeboeke bevat gespesialiseerde terme, insluitend regsterme wat verband hou met siviele hofsake. Die bestaande literatuur verskaf algemene besprekings van wetenskaplike en tegniese terme in gewone woordeboeke, maar hanteer nie spesifiek die insluiting van regsterme nie. In hierdie artikel word vier algemene Engelse woordeboeke bestudeer om te sien hoe hulle siviele regsterme wat in Engeland en Wallis gebruik is, hanteer. Dit word gedoen teen die agtergrond van die verandering in die struktuur van siviele hofsake wat in 1999 plaasgevind het en die terminologie daarin gebruik. Alhoewel die woordeboeke op groot, bygewerkte korpusse gebaseer is, bevat hulle sommige van die ou terme, maar slaag nie daarin om die nuwe terme wat al meer as 15 jaar gebruik word, in te sluit nie. Waarom dit só is, is 'n raaisel. Sommige leidrade dui daarop dat, as leksikograwe meer aandag skenk aan die verband tussen woordeboekfunksies, korpusse en die data wat aangebied word in woordeboeke, hulle op 'n meer gefokusde manier sou kon werk, wat waarskynlik sal verseker dat regsterme sowel as terme uit ander onderwerpsvelde in algemene woordeboeke ingesluit sal word. Dit sal ook aan gebruikersbehoeftes voldoen.
Gepubliceerd
2015-11-20
Citeerhulp
Nielsen, S. (2015). Legal Terms in General Dictionaries of English: The Civil Procedure Mystery. Lexikos, 25(1). https://doi.org/10.5788/25-1-1298
Sectie
Artikels/Articles