Abbreviations and Acronyms: The Case of Tlhalosi ya Medi ya Setswana

  • Joyce T. Mathangwane Department of English, Faculty of Humanities, University of Botswana, Gaborone, Botswana

Samenvatting

Afkortings en akronieme: Die voorbeeld van Tlhalosi ya Medi ya Setswana. Hierdie artikel kyk na hoe afkortings en akronieme oor die algemeen hanteer word in Afrikataalwoordeboeke in vergelyking met verkose hoofstroom Engelse woordeboeke. Spesifiek word gekyk na die hantering daarvan in T.J. Otlogetswe (2012) se woordeboek Tlhalosi ya Medi ya Setswana. 'n Ondersoek na die hantering van afkortings en akronieme in altesaam twintig verkose woordeboeke is uitgevoer. Tien van hierdie woordeboeke is hoofstroom Engelse woordeboeke en die res is woordeboeke van verskillende Afrikatale wat in Suider-Afrika gepraat word, bv. Shona, Ndebele, Venda, Setswana en Noord-Sotho. Die studie spreek vier kwessies aan: (a) of Afrikataalleksikograwe afkortings en akronieme in hul woordeboeke insluit soos wat by hoofstroom Engelse woordeboeke die gebruik is; (b) indien wel, hoe hulle hanteer is; (c) watter linguistiese kenmerke, indien enige, in hierdie inskrywings beklemtoon word; en, (d) watter aanbevelings hierdie studie vir die pad vorentoe maak. Die resultate het getoon dat afkortings en akronieme in die meeste Afrikataalwoordeboeke in die ondersoek, anders as in hoofstroom Engelse woordeboeke, nie opgeneem is nie, alhoewel baie van hulle deur moedertaalsprekers van hierdie tale geskep is en gebruik word. 'n Uitsondering is Otlogetswe (2012) met 'n lys van 25 afkortings en akronieme. In hierdie artikel word aanbeveel dat Afrikataalleksikograwe afkortings en akronieme as deel van hul leksikon insluit, aangesien hierdie leksikale items geskep is deur gemeenskappe wat hulle deel maak van die woordeskat van die taal. Gebruikers van hierdie woordeboeke behoort inskrywings van afkortings en akronieme in dié woordeboeke te vind wanneer hulle die betekenis daarvan naslaan of hulle tydens onderrig raadpleeg.
Gepubliceerd
2015-11-20
Citeerhulp
Mathangwane, J. T. (2015). Abbreviations and Acronyms: The Case of Tlhalosi ya Medi ya Setswana. Lexikos, 25(1). https://doi.org/10.5788/25-1-1297
Sectie
Artikels/Articles