Multimodal Definition: The Multiplication of Meaning in Electronic Dictionaries

  • Xiqin Liu School of Foreign Languages, South China University of Technology, China and Guangdong University of Foreign Studies, China
Trefwoorden: multimodaliteit, multimodale definisie, multimodale leksikografie, e-woordeboek, modus-seleksie, intermodale sinergie

Samenvatting

Multimodale definisie: Die verveelvoudiging van betekenis in elektroniese woordeboeke. Met die oplewing in elektroniese woordeboeke speel multimodaliteit 'n toenemend belangrike rol in leksikografie. Om die bestek van e-woordeboekdefinisies te vergroot, word daar in hierdie artikel geargumenteer ten gunste van die vestiging van 'n nuwe term, multimodale definisie, as 'n sleutelkomponent van die multimodale leksikografie. Hierdie term word vanuit 'n holistiese betekenisoogpunt gewy aan die integrering van verbale definisies en die komplementêre multimodale bronne. In 'n multimodale definisie kan 'n dinamiese betekenisekologie geskep word waar twee kritiese veranderlikes funksioneer, (semiotiese) modusseleksie en intermodale sinergie. In hierdie ekologie kan betekenis wat verbaal uitgedruk word, in vier dimensies verveelvoudig word: inhoud, vorm, ruimte en tyd. Toekomstige navorsingsrigtings, insluitende woordeboekgebruikerstudies en multimodale korpora, word bespreek. Die bevindings van hierdie artikel werp lig op die samestelling van 'n teoretiese model vir e-leksikografie wat 'n dringende taak in die voortgesette digitale revolusie bly.
Gepubliceerd
2015-11-20
Citeerhulp
Liu, X. (2015). Multimodal Definition: The Multiplication of Meaning in Electronic Dictionaries. Lexikos, 25(1). https://doi.org/10.5788/25-1-1296
Sectie
Artikels/Articles