Using an Online Dictionary for Identifying the Meanings of Verb Phrases by Chinese EFL Learners

  • Lingling Li Department of Literature and Communication, City College of Dongguan University of Technology, Dongguan, P.R. China
  • Hai Xu Centre for Linguistics and Applied Linguistics, Guangdong University of Foreign Studies, Guangzhou, P.R. China
Trefwoorden: aanlyn woordeboek, <i>Macmillan English Dictionary Online</i>, werkwoordelike frases, betekenisherkenning, woordeboekgebruik, woordeboekvaardighede, inskrywingstruktuur en -inligting

Samenvatting

Die gebruik van 'n aanlyn woordeboek deur Chinese EVT-leerders vir die identifisering van werkwoordelike frases. Hierdie artikel doen verslag oor die resultate van 'n studie waarin 'n aanlyn woordeboek deur Chinese EVT-leerders gebruik is in die identifisering van werkwoordelike frases. Twee en dertig studente met Engels as hoofvak het deelgeneem in 'n betekenisbepalingsopdrag met en sonder die hulp van die Macmillan English Dictionary Online (MEDO). Introspektiewe en retrospektiewe vraelyste is gebruik om die deelnemers se persepsie van die nuttigheid van die aanlyn woordeboek te bepaal, asook om te bepaal hoe hulle die aanlyn woordeboek gebruik het om te soek na die verlangde inligting. Die resultate van die studie toon dat leerders verbeter het in die voltooiing van die taak nadat hulle die aanlyn woordeboek geraadpleeg het, maar dat hulle ook sommige probleme teëgekom het wat gelei het tot verkeerde keuses. Daar word voorgestel dat opleiding in woordeboekvaardighede verskaf moet word en dat verbeterings aan aanlyn woordeboeke ook aangebring moet word.
Gepubliceerd
2015-11-20
Citeerhulp
Li, L., & Xu, H. (2015). Using an Online Dictionary for Identifying the Meanings of Verb Phrases by Chinese EFL Learners. Lexikos, 25(1). https://doi.org/10.5788/25-1-1295
Sectie
Artikels/Articles