The Presentation and Treatment of Collocations as Secondary Guiding Elements in Dictionaries

  • Rufus H. Gouws Department of Afrikaans and Dutch, Stellenbosch University, Stellenbosch, South Africa
Trefwoorden: artikelstruktuur, enkelkollokasie, geïntegreerde mikrostruktuur, kollokasie, komplekse kollokasie, koteks, niegegroepeerde ordening, semigeïntegreerde mikrostruktuur, soeksone, subsone, voorbeeldsinne

Samenvatting

Die aanbieding en bewerking van kollokasies as sekondêre gidselemente in woordeboeke. Kollokasies is 'n aanduidertipe in woordeboeke waarvan die aanbieding en bewerking dikwels onvoldoende is. Dit is vir die gebruiker moeilik om kollokasies van voorbeeldsinne te onderskei en woordeboeke bied dikwels geen bykomende bewerking wat uitsluitlik op kollokasies gerig is nie. In hierdie bydrae word die behoefte aan 'n volwaardige erkenning van kollokasies as aanduidertipe bepleit. Daar word voorgestel dat die aanbieding in woordeboekartikels sodanig moet wees dat hulle as sekondêre gidselemente kan optree. Naas die opname van kollokasies moet daar ook 'n bewerking gebied word wat vir minstens 'n voorbeeldsin maar waar nodig ook vir styl- of ander etikette en selfs vir 'n bondige betekenisparafrase voorsiening maak. Daar word gewys op die manier waarop kollokasies in enkele bestaande woordeboeke opgeneem en bewerk word. Kritiek word hierop uitgespreek en voorstelle word aan die hand gedoen vir 'n verbeterede aanbieding. In hierdie verband word Wiegand se model van 'n semi-geïntegreerde mikrostruktuur aangepas om voorsiening te maak vir die aanbieding van kollokasies in 'n eie niegeïntegreerde soeksone. Naas die eksplisiete aanbieding van enkelkollokasies word voorstelle gemaak vir 'n implisiete aanbieding van komplekse kollokasies. Vanuit een aanduidervorm moet gebruikers daartoe in staat wees om verskillende aanduiders te kan onttrek. Die bespreking is primêr op gedrukte woordeboeke gerig, maar voorstelle word ook gemaak vir die aanbieding van kollokasies in aanlynwoordeboeke.
Gepubliceerd
2015-11-20
Citeerhulp
Gouws, R. H. (2015). The Presentation and Treatment of Collocations as Secondary Guiding Elements in Dictionaries. Lexikos, 25(1). https://doi.org/10.5788/25-1-1294
Sectie
Artikels/Articles