Ekwivalentverhoudings in tweetalige woordeboeke: Implikasies vir die databasis van 'n elektroniese tweetalige woordeboek van Suid-Afrikaanse Gebaretaal en Afrikaans

  • Hanelle Fourie Blair Buro van die Woordeboek van die Afrikaanse Taal, Stellenbosch, Suid-Afrika
Trefwoorden: Afrikaans, databasis, dowe teikengebruikers, ekwivalensie, elektroniese woordeboeke, gebaretaal, gebaretaalwoordeboeke, glossering, grondslagfase, leksikografie, tweetalig, woordeboek

Samenvatting

Hierdie artikel is 'n uittreksel uit 'n vollediger teoretiese raamwerk waarin 'n konsepmodel vir 'n elektroniese tweetalige grondslagfasewoordeboek van Suid-Afrikaanse Gebaretaal en Afrikaans voorgestel word, spesifiek vir die De la Bat Skool vir Dowes in Worcester, Suid-Afrika (Fourie 2013). Die doel van die voorgestelde woordeboek is om die leerlinge van die De la Bat Skool elektroniese toegang tot geskrewe woordelyste te gee, met gebare en voorbeelde in gebaretaal wat in videoformaat vertoon word — dus in die vorm van 'n elektroniese woordeboek. 'n Geskrewe woordelys voldoen glad nie in hierdie geval aan die behoeftes van skoolleerders nie en 'n woordeboek wat vir die Dowe teikengebruikers by die skool ontwerp is, sal van veel groter waarde wees in die leerders se omgang met gebaretaal sowel as die geskrewe taal. Sekere komponente van die model kan op die ou end ook deur gebruikers buiten die oorspronklike teikengebruikers toegepas word, sodat dit ook vir die breër Dowe gemeenskap van nut sou kon wees.Hierdie artikel ondersoek die tipiese ekwivalentverhoudings in tweetalige woordeboeke en die kern van die artikel maak op grond daarvan voorstelle oor hoe die leksikograaf ekwivalentverhoudings tussen gebaretaal en Afrikaans in die voorgestelde woordeboek sou kon hanteer.
Gepubliceerd
2015-11-20
Citeerhulp
Fourie Blair, H. (2015). Ekwivalentverhoudings in tweetalige woordeboeke: Implikasies vir die databasis van ’n elektroniese tweetalige woordeboek van Suid-Afrikaanse Gebaretaal en Afrikaans. Lexikos, 25(1). https://doi.org/10.5788/25-1-1293
Sectie
Artikels/Articles