Towards Linking User Interface Translation Needs to Lexicographic Theory

  • André du Plessis Department of Afrikaans and Dutch, Stellenbosch University, Stellenbosch, South Africa
  • Marius Swart Department of Afrikaans and Dutch, Stellenbosch University, Stellenbosch, South Africa
Trefwoorden: vertaling, vertalers, tweetalige woordeboeke, selfoonwoordeboeke, leksikografiese teorie, betekenisdiskriminasie, ekwivalentdiskriminasie, woordsoorte, slimfone, gebruikerskoppelvlak

Samenvatting

'n Ondersoek na die verband tussen leksikografieteorie en die behoeftes van koppelvlakvertalers. In 'n tydvak waar die gebruik van elektroniese toestelle soos slimfone hand oor hand toeneem, word vertalers deur nuwe uitdagings in die gesig gestaar, soos die gebruik van bestaande woorde in nuwe kontekste of die verwerwing van nuwe betekenisse. In hierdie artikel word drie leksikografiese naslaanbronne wat vir vertalers in hierdie veld relevant is, vergelyk: die Kuberwoordeboek/Cyber Dictionary (Viljoen 2006), Pharos se Afrikaans–Engels/English–Afrikaans-woordeboek (Du Plessis et al. 2010) en Microsoft se taalportaal (www. microsoft.com/Language 2015). 'n Lys gekose voorbeelde (in Engels) word gebruik om te bepaal in welke mate elk van die drie bronne die gebruiker se behoeftes in terme van betekenisonderskeiding vervul wanneer daar in Afrikaans vertaal word. Vervolgens word daar gepoog om aan te dui of die gebruik van betekenisonderskeiers soos woordsoortmerkers, punktuasie, betekenisopsommings en kontekstuele en ko-tekstuele leiding (soos deur Beyer 2009: 11 aangedui) bygedra het tot die geslaagdheid al dan nie van die betrokke bron ten einde 'n afleiding te maak oor die skakel tussen die leksikografieteorie en bruikbaarheid.
Gepubliceerd
2015-11-19
Citeerhulp
du Plessis, A., & Swart, M. (2015). Towards Linking User Interface Translation Needs to Lexicographic Theory. Lexikos, 25(1). https://doi.org/10.5788/25-1-1292
Sectie
Artikels/Articles