Phases and Steps in the Access to Data in Information Tools

  • Henning Bergenholtz Centre for Lexicography, Aarhus University, Aarhus, Denmark (hb@bcom.au.dk) and Department of Information Science, University of Pretoria, Pretoria, South Africa and Department of Afrikaans and Dutch, Stellenbosch University, Stellenbosch, South Africa
  • Theo J.D. Bothma Department of Information Science, University of Pretoria, Pretoria, South Africa
  • Rufus H. Gouws Department of Afrikaans and Dutch, Stellenbosch University, Stellenbosch, South Africa
Trefwoorden: inligtingbronkeuse, inligtingswerktuig, interpretatiewe, intrakonsultasiefase, kognitiewe, kommunikatiewe, metarefleksies, operatiewe, prekonsultasiefase, toegang tot data

Samenvatting

Fases en stappe in die toegang tot data in inligtingswerktuie. In die inligtingsgemeenskap is dit baie makliker vir iemand om relevante data te kry as hy/sy 'n inligtingsbehoefte het omdat databasisse en elektroniese inligtingswerktuie beskikbaar is. In die inligtingswetenskap word hierdie onderwerp gewoonlik behandel onder die onderwerp inligtingsgedrag. In die leksikografie word die term toegangsproses gebruik (Bergenholtz en Gouws 2010). Dit kan aangetoon word dat hierdie proses wat begin met die "oorsprong van die probleem" en lei na 'n inligtingsbrongebruiksituasie uit verskillende dele bestaan en dat elke deel verskillende fases bevat met die prekonsultasiefase en die intrakonsultasiefase wat verskillende stappe bevat. Die belangrikste begrippe hier is die toegangsroete en die toegangstyd. In hierdie artikel word enkele eksperimente in twee gevallestudies beskryf om te wys hoe verskillende toegangsprosesse in verskillende gebruiksituasies plaasvind.
Gepubliceerd
2015-11-19
Citeerhulp
Bergenholtz, H., Bothma, T. J., & Gouws, R. H. (2015). Phases and Steps in the Access to Data in Information Tools. Lexikos, 25(1). https://doi.org/10.5788/25-1-1289
Sectie
Artikels/Articles