Key Issues in Fuertes-Olivera and Tarp's Theory and Practice of Specialised Online Dictionaries

  • Valeria Caruso Department of Literary, Linguistic and Comparative Studies, University of Naples 'L'Orientale', Naples, Italy
Trefwoorden: aanlyn woordeboeke, ensiklopedieë, gespesialiseerde kennis, leksikografieteorie, proskripsie, vakleksikografie, woordeboekkritiek

Samenvatting

Sleutelkwessies in Fuertes-Olivera en Tarp se Theory and Practice of Specialised Online Dictionaries.Daar is lank gewag vir Fuertes-Olivera en Tarp se Theory and Practice of Specialised Online Dictionaries — 'n boek wat 'n sistematiese beskrywing bied van die beginsels van die funksieteorie. Die skrywers bied hierdie teoretiese raamwerk sowel as 'n riglyn om verskillende leksikografiese take uit te voer (van die samestelling van woordeboeke tot by die beoordeling van die leksikografiese gepastheid van ander teoretiese modelle) as 'n waardevolle metodologiese instrument wat gebruik kan word om gebruikersbehoeftes vas te stel. Die funksionele benadering word dus beskou as 'n alternatiewe metode tot navorsing oor gebruikersgedrag. Dit is egter nie net die nuwe idees en terminologie wat in hierdie veld van die leksikografie gebruik word wat aandag verdien nie maar ook sekere kwessies verwant aan die begrip van vakleksikografie wat kortliks deur Fuertes-Olivera en Tarp in hierdie boek aangebied word. Hulle definisie van hierdie subdissipline stimuleer verdere nadenke oor die epistemiese status van die twee vertakkings van die leksikografie (algemene en gespesialiseerde) asook oor die verwante begrippe van algemene en kulturele kennis.
Gepubliceerd
2014-10-27
Citeerhulp
Caruso, V. (2014). Key Issues in Fuertes-Olivera and Tarp’s Theory and Practice of Specialised Online Dictionaries. Lexikos, 24(1). https://doi.org/10.5788/24-1-1268
Sectie
Resensieartikels/Review Articles