Developing a Campus Slang Dictionary for the University of Botswana

  • Thapelo J. Otlogetswe Faculty of Humanities, University of Botswana, Gaborone, Botswana
  • Goabilwe Ramaeba Faculty of Humanities, University of Botswana, Gaborone, Botswana
Trefwoorden: sleng, setswana, kampus, leksikografie, woordeboeke, jargon

Samenvatting

Ontwikkeling van 'n universiteitskampuswoordeboek van sleng aan 'n Afrika-universiteit.Hierdie artikel fokus op die studie van sleng op 'n universiteitskampus vir 'n leksikografiese projek. Die navorsing is gedoen by die Universiteit van Botswana, 'n kampus bestaande uit ongeveer 16,000 studente, die meeste van wie tweetalig in Setswana en Engels is, en 'n klein bevolkingstal vreemde studente. Baie min studies en optekeninge van sleng is in 'n Afrikakonteks onderneem (vgl. Alimi en Arua 2008; Arua en Alimi 2009), veral vir leksikografiese doeleindes. Daar word dus gehoop dat hierdie studie sal bydra tot die aanvul van hierdie gebrek aan literatuur. Oor die algemeen is universiteitskampusse ryk aan sleng omdat hulle uit 'n geslote groep persone bestaan. Sleng is die gebruik van informele woorde en uitdrukkings wat nie as standaard in die spreker se taal of dialek beskou word nie. Dit is nie net informeel nie, maar word ook van 'n laer register as die standaardtaal beskou, en gevolglik afgekeur deur mense wat standaardtaal praat. Benewens dat dit gewoon is in 'n spesifieke groep, in hierdie geval 'n studentegroep, is sleng ook algemeen in 'n binnegroep soos 'n bende of 'n kliek. Omdat dit veroordeel word, is sleng gewoonlik afwesig in baie Afrikataalwoordeboeke wat grootliks voorskriftelik in hul dokumentasie van die taal is (Otlogetswe 2006). In hierdie artikel word die ontwerp van 'n woordeboek van kampussleng voorgestel wat die rykdom van die sleng van 'n taalgemeenskap ondervang. Die gegewens gebruik vir die voorgestelde woordeboek is op die kampus van die Universiteit van Botswana versamel.
Gepubliceerd
2014-10-27
Citeerhulp
Otlogetswe, T. J., & Ramaeba, G. (2014). Developing a Campus Slang Dictionary for the University of Botswana. Lexikos, 24(1). https://doi.org/10.5788/24-1-1267
Sectie
Projekte/Projects