The Inclusion of Word Formation in OALD8: The Case of Undefined Run-ons

  • Alenka Vrbinc Faculty of Economics, University of Ljubljana, Ljubljana, Slovenia
  • Marjeta Vrbinc Faculty of Arts, University of Ljubljana, Ljubljana, Slovenia
Trefwoorden: eentalige aanleerderwoordeboek, gebruiksvoorbeelde, grammatiese inligting, lemmata, oald8, onverklaardes, sekondêre lemmata, suffikse, verhouding van onverklaardes tot inskrywings, woordsoortetikette

Samenvatting

Die insluiting van woordvorming in die OALD8: Die geval van onverklaardes.Die studie waaroor daar in hierdie artikel berig word, probeer vasstel of die gedrukte weergawe van die OALD8 die tradisie handhaaf om baie afleidings as onverklaarde lemmas op te neem. Vir die doel van hierdie studie is 'n databasis saamgestel van 1,200 lemmata met volle artikels en tussen hierdie lemmata is 145 onverklaarde lemmas gevind. Die woordsoort van die lemmas waaraan onverklaardes geheg is, is noukeurig nagegaan asook die voorbeeldmateriaal. Naamwoorde tree die algemeenste as onverklaardes op, gevolg deur bywoorde, adjektiewe en werkwoorde. Die problem van polisemiese inskrywings waaraan onverklaardes geheg word, word ook bespreek. Wanneer dit moeilik is om die verband tussen die betekenisonderskeidinge van 'n lemma en die voortspruitende onverklaardes te lê, sal dit beter wees om die onverklaardes as volle lemmata op te neem en die onderskeie betekenisonderskeidinge te verklaar, of om die onverklaardes aan die einde van elke verklaring van 'n betekenisonderskeiding te heg. Dit moet vir die gebruiker duidelik wees waar en wanneer 'n woord as onverklaarde opgeneem word en nie as volle lemma nie en ook hoe die verband tussen die betekenis van die lemma en die onverklaarde vasgestel kan word.
Gepubliceerd
2014-10-27
Citeerhulp
Vrbinc, A., & Vrbinc, M. (2014). The Inclusion of Word Formation in OALD8: The Case of Undefined Run-ons. Lexikos, 24(1). https://doi.org/10.5788/24-1-1264
Sectie
Artikels/Articles