Lexicographic Treatment of Kinship Terms in an English/Sepedi–Setswana–Sesotho Dictionary with an Amalgamated Lemmalist

  • D.J. Prinsloo Department of African Languages, University of Pretoria, Pretoria, South Africa
Trefwoorden: geamalgameerde woordeboeke, verwantskapsterme, sothotale, leksikografiese konvensie, nouverwante tale

Samenvatting

Die leksikografiese hantering van verwantskapsterme in 'n Engels/Sepedi–Setswana–Sesotho-woordeboek met 'n gealgameerde lemmalys.Hierdie artikel beskryf die lemmatisering en bewerking van verwantskapsterme in 'n voorgestelde Engels–Sotho, Sotho–Engels woordeboek met 'n geamalgameerde lemmalys. Die eerste vereiste is die samestelling van 'n lys van verwantskapsterminologie vir die Sothotale. Tweedens is dit nodig om ter wille van ruimtebesparing die mees gebruiklike vorme te bepaal wat in so 'n woordeboek gelemmatiseer moet word. Derdens moet die makro- en mikrostruktuur van die woordeboek beplan word in terme van 'n geamalgameerde benadering. 'n Kort verduideliking van die geamalgameerde model sal aangebied word en 'n skematiese voorstelling van die paterne stamboomstruktuur in die Sothotale word in die bylaag aangegee. Spesifieke aandag word gegee aan die samestelling van die geamalgameerde lemmalys met die fokus op absolute kognate en absolute kognate met 'n vormverskil. Ten slotte, waar die vermindering van groot hoeveelhede van die terme, byvoorbeeld alle afgeleide vorme van 'n spesifieke term in al drie Sothotale ter sake is, sal 'n leksikografiese konvensie voorgestel word om die aantal lemmas sinvol te verminder en redundansie te bestry.
Gepubliceerd
2014-10-27
Citeerhulp
Prinsloo, D. (2014). Lexicographic Treatment of Kinship Terms in an English/Sepedi–Setswana–Sesotho Dictionary with an Amalgamated Lemmalist. Lexikos, 24(1). https://doi.org/10.5788/24-1-1263
Sectie
Artikels/Articles