A Critical Evaluation of the Paradigm Approach in Sepedi Lemmatisation — The Groot Noord-Sotho Woordeboek as a Case in Point

  • D.J. Prinsloo Department of African Languages, University of Pretoria, Pretoria, South Africa
Trefwoorden: leksikografie, sepedi, leksikografiese tradisies, lemmatiseringstrategieë, die werkwoordstam -roba

Samenvatting

'n Kritiese evaluering van die paradigmabenadering tot Sepedi-lemmatisering — Die Groot Noord-Sotho Woordeboek as voorbeeld.Hierdie artikel gee 'n kritiese evaluering van die paradigmabenadering tot die Groot Noord-Sotho Woordeboek tot die lemmatisering van werkwoorde en naamwoorde wat van werkwoorde afgelei is. Die werkwoordstam -roba 'breek' met sy komplekse sisteem van afleidings word as voorbeeld geneem. Die paradigma wat vir -roba aangebied word, sal in terme van struktuur, werklike gebruik deur moedertaalsprekers, voorkoms in Sepedikorpusse, gebruikersvriendelikheid, kontekstualisering versus dekontekstualisering ten opsigte van die kruisverwysingstelsel en ruimtebenutting geëvalueer word. Die byeenbring, en leksikografiese bewerking van al hierdie vorme vir 'n enkele werkwoord is sonder twyfel 'n leksikografiese prestasie. Die vraag is egter tot watter mate dit nuttig is ten opsigte van vorme wat waarskynlik deur woordeboekgebruikers opgesoek sal word, of al hierdie vorme werklik bestaan, hoe gebruikersvriendelik die benadering en aanbieding is, of semantiese kommentaar voldoende en konsekwent is, en of so 'n saamgevoegde benadering werklik ruimte bespaar in teenstelling met die aanbieding van afleidings as afsonderlike hooflemmas in 'n opgedeelde benadering.
Gepubliceerd
2014-10-27
Citeerhulp
Prinsloo, D. (2014). A Critical Evaluation of the Paradigm Approach in Sepedi Lemmatisation — The Groot Noord-Sotho Woordeboek as a Case in Point. Lexikos, 24(1). https://doi.org/10.5788/24-1-1262
Sectie
Artikels/Articles