The Lemmatisation of Nouns in Tshivenda Dictionaries

  • Mashudu Nthambeleni M.E.R. Mathivha Centre for African Languages, Arts and Culture, School of Human and Social Sciences, University of Venda, Thohoyandou, Limpopo, South Africa
  • Nelson Mbulaheni Musehane M.E.R. Mathivha Centre for African Languages, Arts and Culture, School of Human and Social Sciences, University of Venda, Thohoyandou, Limpopo, South Africa
Trefwoorden: lemmatisering, substantiewe, tshivenda, deverbatiewe substantiewe, diminutiewe substantiewe, enkelvoud, meervoud

Samenvatting

Die lemmatisering van substantiewe in Tshivenda woordeboeke.Tshivenda is een van die amptelike tale van Suid-Afrika wat hoofsaaklik in die Vhembe-distrik van die Limpopoprovinsie gepraat word. Sedert 1994, toe die Republiek van Suid-Afrika 'n demokratiese regering gekry het, het sprekers van Tshivenda na al nege provinsies van Suid-Afrika versprei. Tshivenda het verskeie woordsoorte, soos substantiewe, werkwoorde, adjektiewe en so meer. Wanneer woorde in woordeboeke nageslaan word, moet 'n mens weet watter datatipes aangebied word, bv. spelling, uitspraak en betekenis. As dit nie duidelik weergegee  word nie, sal 'n mens nie in staat wees om so 'n woordeboek te gebruik nie. Hierdie artikel wil ondersoek hoe substantiewe in Tshivenda woordeboeke gelemmatiseer word. Daar word aandag geskenk aan woord- en stamlemmatisering. Daar word ook gekyk na die lemmatisering van enkel- en meervoudige substantiewe, asook die lemmatisering van deverbatiewe en diminutiewe substantiewe. Dit word gedoen deur bestaande Tshivenda woordeboeke te ondersoek.
Gepubliceerd
2014-10-27
Citeerhulp
Nthambeleni, M., & Musehane, N. M. (2014). The Lemmatisation of Nouns in Tshivenda Dictionaries. Lexikos, 24(1). https://doi.org/10.5788/24-1-1260
Sectie
Artikels/Articles