Example Sentences in Bilingual Specialised Dictionaries Assisting Communication in a Foreign Language

  • Sandro Nielsen Centre for Lexicography, Aarhus University, Denmark and International Centre for Lexicography, University of Valladolid, Spain
Trefwoorden: aanlyn woordeboeke, gebruikersbehoeftes, gedrukte woordeboeke, gespesialiseerde kommunikasie, leksikografiese funksies, skryf, tegniese woordeboeke, teksproduksie, vakleksikografie, vertaling, voorbeelde

Samenvatting

Voorbeeldsinne in tweetalige vakwoordeboeke help met kommunikasie in 'n vreemde taal.Praktisyns, navorsers en vertalers moet dikwels in 'n vreemde taal oor vakspesifieke sake kommunikeer en raadpleeg daarvoor dan dalk tweetalige vakwoordeboeke. Baie vakwoordeboeke se fokus is op terme alhoewel navorsing oor teksproduksie in 'n vreemde taal daarop wys dat grammatika, taalkonvensies, genrekonvensies en styl ook ter sake is. Van vakspesialiste kan dit verwag word om vertroud te wees met taalkonvensies en styl in hulle eie brontaal, maar nie met die weergawe daarvan in 'n vreemde taal nie. Tweetalige vakwoordeboeke kan gebruikers help deur vakspesifieke voorbeeldsinne in te sluit wat wys hoe brontaalkonvensies en styl na die doeltaal oorgedra moet word. Dit beteken dat tweetalige vakwoordeboeke nie net gebruikers moet help om terme te vertaal nie maar hulle moet leksikografiese instrumente wees wat ontwerp is om met vreemdetaalproduksie te help. Daardeur ondersteun hulle praktisyns, navorsers en vertalers wat vaktekste in 'n vreemde taal moet skep om die regte konvensies en styl te benut.
Gepubliceerd
2014-10-27
Citeerhulp
Nielsen, S. (2014). Example Sentences in Bilingual Specialised Dictionaries Assisting Communication in a Foreign Language. Lexikos, 24(1). https://doi.org/10.5788/24-1-1259
Sectie
Artikels/Articles