The Lemmatization of Loan Words in the isiNdebele–English isiHlathululi-imagama/Dictionary and Their Successful Incorporation into the Language

  • Sponono Mahlangu IsiNdebele National Lexicography Unit, University of Pretoria, Pretoria, South Africa
Trefwoorden: ontlening, korpus, woordeboeksamestelling, lemmavorming, leksikograaf, leksikografie, isindebele woorde, leenwoorde, tweetalige woordeboek

Samenvatting

Lemmatisering van leenwoorde in die isiNdebele–English isi-Hlathululi-imagama/Dictionary en die suksesvolle opname daarvan in die taal.Navorsers op linguistiese en leksikografiese terreine soos Nkondo (1987: 70) en Kamwangamalu (1997: 89) voer aan dat geen taal leksikaal selfgenoegsaam is nie. Volgens Jafta (1987: 127) is die rede hiervoor dat geen perfekte homogene taalgroep bestaan nie. Daar is geen lewende taal wat kan oorleef sonder om sy woordeskat aan te vul deur ontlening uit 'n ander taal of tale nie. Daarom huldig Aitchison (2001: 249) die siening dat taal geleidelik omvorm word en nie onveranderd kan bly nie. Aan die ander kant keur sogenaamde 'puriste' sulke veranderinge af omdat hulle hierdie transformasies as 'n proses van taalkorrupsie beskou aangesien hulle verkies om indirekte ontlenings te vorm, soos wat Mojela (2010: 702) dit noem. Hierdie artikel bevestig en illustreer hierdie aanname as korrek, veral in die geval van Afrikatale. Die tegniese terme en woordeskat in sosiale interaksie is gebaseer op naasliggende Suid-Afrikaanse tale soos Engels en Afrikaans, wat mekaar as amptelike tale onafwendbaar kruisbestuif het. Navorsers is dit ook eens dat een manier om taal te verryk deur ontlening geskied. Die doel van die artikel is om aan te toon dat ontlening nie net 'n taal verryk nie, maar dat dit ook taalverarming verhaas veral in die geval van tale wat minder tegnologies gevorderd of nog nie behoorlik as amptelike tale funksioneer nie.
Gepubliceerd
2014-10-27
Citeerhulp
Mahlangu, S. (2014). The Lemmatization of Loan Words in the isiNdebele–English isiHlathululi-imagama/Dictionary and Their Successful Incorporation into the Language. Lexikos, 24(1). https://doi.org/10.5788/24-1-1258
Sectie
Artikels/Articles