Towards a Southern African English Defining Vocabulary

  • Lorna Hiles Department of Afrikaans and Dutch, Stellenbosch University, Stellenbosch, South Africa
Trefwoorden: aanleerderswoordeboek, beperkte definiëringswoordeskat, definiëringswoordeskat, gekontroleerde definiëringswoordeskat, omskrywings, skoolwoordeboek, suid-afrikaanse woordeboeke, suider-afrikaanse woordeboeke

Samenvatting

Op pad na 'n Suider-Afrikaanse Engelse definiëringswoordeskat.'n Gekontroleerde definiëringswoordeskat word gereeld sedert die 1970's in die leksikografie gebruik. Dit word meesal in aanleerders- en skoolwoordeboeke benut en word gebruik om seker te maak dat die omskrywings geredelik verstaanbaar is vir die woordeboekgebruiker, en dat die woorde wat gebruik word om 'n lemma te omskryf, nie moeiliker is as die lemma self nie.Die definiëringswoordeskat wat vir Engelse woordeboeke vir Britse of Amerikaanse markte saamgestel word, is nie heeltemal voldoende vir Suider-Afrikaanse woordeboeke nie. Woorde wat in Suider-Afrika goed bekend is en gebruik word, word nie by 'n oorsese definiëringswoordeskat ingesluit nie.Met hierdie artikel is dit die voorneme om metodes te vind om die bestaande definiëringswoordeskat aan te pas en om een saam te stel wat nuttiger is vir Suider-Afrikaanse skoolwoordeboeke.'n Omvattende Suider-Afrikaanse definiëringswoordeskat is nie deel van die bestek van hierdie artikel nie. Deur 'n paar voorstelle te maak, behoort die leser daarvan bewus gemaak te word dat daar 'n omvattende definiëringswoordeskat nodig is wat in die behoeftes van 'n Suider-Afrikaanse woordeboek en die gebruikers daarvan voorsien. Hierdie artikel sou as wegspringplek kon dien vir voortgesette navorsing na 'n definiëringswoordeskat wat vir Suider-Afrikaanse woordeboeke van nut kan wees.
Gepubliceerd
2014-10-27
Citeerhulp
Hiles, L. (2014). Towards a Southern African English Defining Vocabulary. Lexikos, 24(1). https://doi.org/10.5788/24-1-1257
Sectie
Artikels/Articles