Article Structures: Moving from Printed to e-Dictionaries

  • Rufus H. Gouws Department of Afrikaans and Dutch, Stellenbosch University, Stellenbosch, South Africa
Trefwoorden: aanduider, artikeldeeltrajek, artikelstruktuur, beperkte artikels, data-identifiserende inskrywing, e-woordeboeke, gebruikersprofiel, kommentaar, nietipografiese struktuurmerker, omvattende artikels, skermskoot, soeksone, tekssegmente, veelvlakkige artike

Samenvatting

Artikelstrukture: vanaf gedrukte na e-woordeboeke.Aan die hand van 'n oorsig oor bepaalde aspekte van artikelstrukture in gedrukte woordeboeke en met verwysing na 'n aantal voorbeelde uit e-woordeboeke word sekere kenmerke van artikelstrukture in e-woordeboeke bespreek. Daar word gekyk na die plasing van artikels in artikeltrajekte asook in funksionele artikeldeeltrajekte. Verskillende struktuurkomponente van artikels, te wete tekssegmente, kommentare en soeksones word onderskei. Die groter rol van data-identifiserende inskrywings as tipe nietipografiese struktuurmerker in e-woordeboeke kry aandag asook die feit dat die tradisionele verdeling in twee kommentare, tipies 'n vormkommentaar en 'n semantiese kommentaar, nie sonder meer gehandhaaf word nie. Die waarde van die samehang wat kommentare in gedrukte woordeboeke meebring, is veel beperkter in e-woordeboeke. Die gebruik van soeksones en die kitstoegang daartoe speel 'n veel belangriker rol in die artikelstruktuur van e-woordeboeke. Vir e-woordeboeke moet 'n veelvlakkige artikelstruktuur met skermskote wat die data in 'n verskeidenheid soeksones vertoon, beplan word. Toegang tot soeksones geskied via struktuurmerkers in 'n openings- of verdere skermskoot. Daar moet daarvoor voorsiening gemaak word dat een lemma in 'n omvattende artikel maar ook in 'n verskeidenheid beperkte artikels kan optree wat aan dieselfde databasis onttrek word. Gebruikers moet ook die kans kry om met behulp van die opstel van 'n eie gebruikersprofiel artikels te kan raadpleeg wat in terme van hulle eie behoeftes gestruktureer is.Sleutelwoorde: aanduider, artikeldeeltrajek, artikelstruktuur, beperkte artikels, data-identifiserende inskrywing, e-woordeboeke, gebruikersprofiel, kommentaar, nietipografiese struktuurmerker, omvattende artikels, skermskoot, soeksone, tekssegmente, veelvlakkige artikels
Gepubliceerd
2014-10-27
Citeerhulp
Gouws, R. H. (2014). Article Structures: Moving from Printed to e-Dictionaries. Lexikos, 24(1). https://doi.org/10.5788/24-1-1256
Sectie
Artikels/Articles