A General Lexicographic Model for a Typological Variety of Dictionaries in African Languages

  • Gertrud Faaß Department of Information Science and Natural Language Processing, University of Hildesheim, Germany and Department of African Languages, University of South Africa, Pretoria, South Africa
  • Sonja E. Bosch Department of African Languages, University of South Africa, Pretoria, South Africa
  • Rufus H. Gouws Department of Afrikaans and Dutch, Stellenbosch University, Stellenbosch, South Africa
Trefwoorden: afrikataalwoordeboeke, iso24613, 2008, leksikografiese model, makrostruktuur, mikrostruktuur, multifunksionele leksikale bron, mysql, toegangstruktuur

Samenvatting

'n Algemene leksikografiese model vir 'n tipologiese verskeidenheid woordeboeke in Afrikatale.Tot dusver bestaan daar min beskrywings oor hoe om strukture te skep wat daartoe in staat is om leksikografiese data te berg. ISO 24613 2008 is een van die mees onlangse sodanige beskrywings. Nog een, naamlik dié van Spohr (2012) wat fokus op die ontwerp van 'n gebruikersgerigte multifunksionele leksikale bron, gebruik die voorstellingsmodel XML/OWL (eXtensible Markup Language/Web Ontology Language) wat in beginsel hiërargies is. In hierdie artikel word 'n ander roete gevolg om 'n model te beskryf wat gebaseer is op entiteite en hul onderlinge verhoudinge. MySQL (gewoonlik na verwys as Structured Query Language) beskryf 'n databasisstelsel van tabelle wat data bevat en definisies van hulle onderlinge verhoudinge. Die model is ontwikkel binne die konteks van die projek "Scientific e-Lexicography for Africa" en die databasis wat saamgestel word, sal met behulp van MySQL toegepas word. Die beginsels van die ISO-model asook dié van Spohr word gehandhaaf maar wel met een groot uitsondering in die implementeringstrategie: die lemma is naamlik nie sentraal in die bewerking nie, maar wel die beskrywing van betekenisonderskeidings — alle ander elemente, met insluiting van die lemma, is afhanklik van die beskrywing van die betekenisonderskeidings. Hierdie artikel bespreek ook die leksikografiese datastelle wat aangebied word en hoe hulle uit verskillende bronne versamel is. Aangesien dit ons doel is om verskillende prototipiese internetwoordeboeke saam te stel ('n eentalige Noord-Sotho woordeboek, 'n tweetalige aanleerderswoordeboek Xhosa–Engels en 'n tweetalige woordeboek Zoeloe–Engels) bespreek ons die noodsaaklike mikrostrukturele elemente vir elkeen van hierdie woordeboeke en watter beginsels gevolg word om verskillende maniere te ontwikkel om toegang tot hierdie woordeboeke te verkry. Die plan is om die model en die (leë) databasis met al die grafiese koppelvlakke wat ontwikkel is teen die middel van 2015 gratis beskikbaar te stel.
Gepubliceerd
2014-10-27
Citeerhulp
Faaß, G., Bosch, S. E., & Gouws, R. H. (2014). A General Lexicographic Model for a Typological Variety of Dictionaries in African Languages. Lexikos, 24(1). https://doi.org/10.5788/24-1-1254
Sectie
Artikels/Articles