Explaining Dysfunctional Effects of Lexicographical Communication

  • Herman L. Beyer Department of Language and Literature Studies, University of Namibia, Windhoek, Namibia
Trefwoorden: APPÈL, DISFUNKSIONELE EFFEK, EKSPRESSIEF, FUNKSIE, FUNKSIONELE EFFEK, INLIGTING, LEKSIKOGRAAF, LEKSIKOGRAFIE, LEKSIKOGRAFIESE BOODSKAP, LEKSIKOGRAFIESE KOMMUNIKASIE, LEKSIKOGRAFIESE UITING, NIEFUNKSIONELE EFFEK, REFERENSIEEL, RELASIONEEL, TEIKENGEBRUIKER,

Samenvatting

Die verklaring van disfunksionele effekte van leksikografiese kommunikasie.Gedurende 'n hoofreferaat by 'n internasionale konferensie van AFRILEX is artikels van 'n tweetalige woordeboek met Afrikaans as een van die behandelde tale aangebied. Een van die artikels was dié van die lemma vuvuzela, wat die voorbeeldsin Vuvuzelas maak 'n groot lawaai by sokkerwedstryde bevat het. 'n Lid van die gehoor het hierdie voorbeeld gekritiseer omdat volgens hom dit nie die idee van feestelikheid weerspieël waarmee die vuvuzela ook geassosieer word nie; dit het naamlik gelyk of die voorbeeldsin op slegs 'n negatiewe aspek van die vuvuzela fokus. Uit die voortspruitende bespreking het dit geblyk dat daar nie 'n teoretiese raamwerk bestaan waarvolgens die kritiek bekragtig en produktief hanteer kon word nie, afgesien daarvan dat die leksikograaf aangebied het om die voorbeeldsin te hersien.Hierdie artikel stel elemente van die teorie van leksikografiese kommunikasie bekend en pas hulle toe om so 'n raamwerk te skep. Daar word aangevoer dat aanduiders in woordeboekartikels beskou kan word as leksikografiese uitings wat verskillende tipes leksikografiese boodskappe dra. Hulle kan sistematies en formeel analiseer word om funksionele, niefunksionele en disfunksionele effekte van leksikografiese kommunikasie te identifiseer. Probleme met leksikografiese kommunikasie kan dan gediagnoseer en opgelos word. Hierdie potensiaal word geïllustreer deur die toepassing van die teorie op die bogenoemde voorval as 'n gevallestudie. Ter afsluiting word die relevante elemente van die teorie se waarde in die evaluering van woordeboeke kortliks uiteengesit.Sleutelwoorde: appèl, disfunksionele effek, ekspressief, funksie, funksionele effek, inligting, leksikograaf, leksikografie, leksikografiese boodskap, leksikografiese kommunikasie, leksikografiese uiting, niefunksionele effek, referensieel, relasioneel, teikengebruiker, woordeboek
Gepubliceerd
2014-10-27
Citeerhulp
Beyer, H. L. (2014). Explaining Dysfunctional Effects of Lexicographical Communication. Lexikos, 24(1). https://doi.org/10.5788/24-1-1252
Sectie
Artikels/Articles