There is No Need for the Terms Polysemy and Homonymy in Lexicography
Trefwoorden:
betekenis, grammatiese woord, homonimie, leksikale woord, lemma, ortografiese woord, polisemie, tekswoord, trefwoord
Samenvatting
Daar is geen behoefte aan die terme "polisemie" en "homonimie" in die leksikografie nie.Hierdie artikel bied 'n radikaal ander benadering tot polisemie en homonimie vergeleke met die benaderings oor hierdie onderwerp wat tipies in taalkundige en leksikografiese literatuur te vinde is. Ons belangrikste kritiek op die tradisionele benaderings lê in die gebruik van die term "woord". As 'n woord gedefinieer word as 'n linguistiese teken beteken dit dat dit net een uitdrukkingsvorm en een betekenis het. Dit impliseer dat dit nie problematies is nie maar onmoontlik om polisemie en homonimie te omskryf as verskynsels waar een word twee of meer betekenisse het. Om hierdie rede voer ons aan dat polisemie en homonimie nie bestaan nie. Daarbenewens stel ons dit dat hulle nie eers nodige begrippe in die leksikografie is nie aangesien elke lekseem deur 'n lemma in 'n inligtingswerktuig verteenwoordig kan word. Deur die definisies van polisemie en homonimie te verander tot verskynsels waar 'n uitdrukking twee of meer betekenisse het, is die fokus op die uitdrukking en is dit moontlik om die terme te behou. Ons stel voor dat die beste manier om tussen polisemie en homonimie te onderskei en om dit toe te pas in 'n inligtingswerktuig is om dieselfde uitdrukkings wat verskillende betekenisse en verskillende grammatiese waardes het as homonieme aan te bied terwyl uitdrukkings met verskillende betekenisse maar dieselfde grammatiese waarde as poliseme aan te bied.
Gepubliceerd
2014-10-27
Citeerhulp
Bergenholtz, H., & Agerbo, H. (2014). There is No Need for the Terms Polysemy and Homonymy in Lexicography. Lexikos, 24(1). https://doi.org/10.5788/24-1-1251
Nummer
Sectie
Artikels/Articles
Outeursreg op alle materiaal wat in Lexikos gepubliseer is, berus by die Direksie van die Woordeboek van die Afrikaanse Taal. Dit staan skrywers egter vry om hulle materiaal elders te gebruik mits Lexikos (AFRILEX-reeks) erken word as die oorspronklike publikasiebron.