Terminology Development at Tertiary Institutions: A South African Perspective

  • Mariëtta Alberts Research Unit for Languages and Literature in SA Context, North-West University, Potchefstroom Campus, Potchefstroom, South Africa
Trefwoorden: brontaal, doeltaal, meertalige terminologie, standaardisering, terminografie, terminologie, terminologieopleiding, terminologieontwikkeling, terminologiesentrum, vakgerigte terminologie, wetgewing

Samenvatting

Terminologieontwikkeling aan tersiêre instansies: 'n Suid-Afrikaanse perspektief.Daar bestaan in Suid-Afrika 'n groot behoefte aan meertalige terminologie op verskeie vakgebiede. Tans bied geen tersiêre instansie terminologieteorie en  praktyk as volwaardige vak aan nie en daar is nie 'n doeltreffende meganisme waarvolgens terminoloë opgelei kan word nie. Hierdie situasie skep die geleentheid vir tersiêre instansies om hulself te posisioneer ten opsigte van terminologieopleiding en -ontwikkeling. Terminologiesentra aan tersiêre instansies sal vir taal- sowel as alle ander vakgerigte departemente van onskatbare waarde wees. Die taaldepartemente, waar sodanige sentra waarskynlik gehuisves sou kon word, beskik reeds oor fasiliteite om sommige of alle amptelike tale van Suid-Afrika op tersiêre vlak aan te bied. Taalstudente kan nagraadse (en selfs voorgraadse) opleiding kry in terminologieteorie en  praktyk. As praktiese werk sou hulle terminologie by vakgerigte departemente kon gaan versamel en na die sentra neem waar die brontaalterme terminografies hanteer kan word. Vakkundiges (bv. lektore wat vakke aanbied) sal met die definiëring van konsepte behulpsaam moet wees en sal saam met die taalstudente en  dosente vertaalekwivalente in doeltale moet verskaf. Dié proses sal meebring dat vakkundiges en taalkundiges oor vakgrense heen saamwerk. Dit sal daartoe lei dat taal en taaldepartemente vir ander vakterreine van waarde sal raak. Meertalige vakgerigte terme met definisies sal beskikbaar wees vir studente wat nie Engels of Afrikaans magtig is nie. Hulle sal dus toegang tot studiemateriaal in hul eerste taal kan kry. Die terminologie kan intern deur die tersiêre instansies en (inter)nasionaal deur die Internet versprei word, wat dit toeganklik sal maak vir enige ander student. Hierdie proses kan ten beste deur doelgerigte terminologiesentra beheer en uitgevoer word.
Gepubliceerd
2014-10-27
Citeerhulp
Alberts, M. (2014). Terminology Development at Tertiary Institutions: A South African Perspective. Lexikos, 24(1). https://doi.org/10.5788/24-1-1250
Sectie
Artikels/Articles