An Analysis of the Oxford Bilingual School Dictionary: Northern Sotho and English (De Schryver 2007)

  • Inge Kosch Department of African Languages, University of South Africa, Pretoria, South Africa

Samenvatting

Die Oxford Bilingual School Dictionary: Northern Sotho and English (De Schryver 2007) is 'n welkome toevoeging tot woordeboeke wat spesifiek vir skoolgebruik saam­gestel is. Wat die woordeboek oorspronklik en aantreklik maak is die feit dat die lemmata en Noord-Sotho mini­gram­matika op 'n korpus van algemene taal en skooltekste gebaseer is. Dit weer­spieël hedendaagse taal­gebruik en sake van belang in die moderne leefwêreld waarmee die leer­der maklik kan asso­sieer en wat die woordeboek 'n gewilde keuse maak bo ander meer tradi­sio­nele woor­deboeke. Hier­die tweerigting-, tweetalige woordeboek voorsien in die behoeftes van Noord-Sotho moeder­taal­sprekers wat Engels aanleer sowel as aan dié van Engelssprekendes wat Noord-Sotho leer. Ten spyte daarvan dat die lemmata beperk is tot 5 000 vir elk van die twee tale, het die same­stellers nog­tans daarin geslaag om aan die basiese leksikografiese en grammatiese behoef­tes van die leer­der te voldoen. Hierdie resensieartikel neem die kenmerke van die woor­de­boek krities in oënskou.
Gepubliceerd
2013-12-20
Citeerhulp
Kosch, I. (2013). An Analysis of the Oxford Bilingual School Dictionary: Northern Sotho and English (De Schryver 2007). Lexikos, 23(1). https://doi.org/10.5788/23-1-1232
Sectie
Resensieartikels/Review Articles