From e-Lexicography to Electronic Lexicography. A Joint Review

  • Valeria Caruso Department of Literary, Linguistic and Comparative Studies, University of Naples 'L'Orientale', Naples, Italy
Trefwoorden: rekenaargesteunde taalaanleer (rgta), korpuslin­guis­tiek, pasmaking, databasisse, woordeboekoorsig, woordeboekgebruik, doel­tref­fendheid, doelmatigheid, elektroniese leksikografie, inlig­tings­weten­skap, tale vir spesiale doeleindes, leksikografiesefun

Samenvatting

Vanaf e-leksikografie tot elektroniese leksikografie: 'n Gesa­ment­like beskouing. Twee onlangs gepubliseerde boeke skets die belangrikste kwessies in die huidige debat oor die leksikografie. Die eerste, e-Lexicography in 2011 geredigeer deur Fuertes-Olivera en Bergenholtz, gee die standpunte van die leksikografiesefunksieteorie oor die toekoms­tige ont­wikkelinge van woordeboeke, terwyl, in sommige hoofstukke, huidige innoverende gereed­skap beskryf word, gereedskap wat pasmaking volgens die gebruiker se soort behoefte toe­laat. Die tweede boek, Electronic Lexicography, in 2012 geredigeer deur Granger en Paquot, bied ver­skil­lende opponerende standpunte oor hoe die woordeboeke van die toekoms sal lyk, soos die lin­guis­ties georiënteerde benadering van Hanks en dié van Tarp betreffende die teoretiese leksi­ko­grafie. Die woordeboekprojekte wat in hierdie bladsye beskryf word, bied 'n interessante vergely­kings­basis met dié ontwikkel deur die verteenwoordigers van die funksieteorie. Sleutelwoorde: rekenaargesteunde taalaanleer (rgta), korpuslin­guis­tiek, pasmaking, databasisse, woordeboekoorsig, woordeboekgebruik, doel­tref­fendheid, doelmatigheid, elektroniese leksikografie, inlig­tings­weten­skap, tale vir spesiale doeleindes, leksikografiesefunksieteorie, taal­teorie, monofunksionele woordeboek, p-woordeboeke, praktiese lek­si­ko­grafie, bruikbaarheidstoetsing
Gepubliceerd
2013-12-20
Citeerhulp
Caruso, V. (2013). From e-Lexicography to Electronic Lexicography. A Joint Review. Lexikos, 23(1). https://doi.org/10.5788/23-1-1231
Sectie
Resensieartikels/Review Articles