The Role of the Learner's Native Culture in EFL Dictionaries: An Experimental Study

  • Dídac Pujol Departament de Traducció i Ciències del Llenguatge, Universitat Pompeu Fabra, Barcelona, Spain
  • Montse Corrius Departament de Llengües, Ciències Socials i Jurídiques, Universitat de Vic, Vic, Spain
Trefwoorden: evt-woordeboeke, opvoedkundige leksikografie, opvoed­kun­dige defi­ni­sies, aanleer van 'n vreemde taal, katalaanse aanleerders van engels, leesbegrip, inheemse kultuur, nativisasie, kulturele ver­wy­sings, glokalisasie, lokali­sa­sie, skemateorie

Samenvatting

Die rol van die aanleerder se inheemse kultuur in EVT-woor­deboeke: 'n Eksperimentele studie. Hierdie artikel het ten doel om die hipotese te bewys dat die gebruik van inheemse kultuur in EVT-aanleerderswoordeboekdefinisies en/of ‑voor­beelde nut­tig is vir die begrip van die nageslane woorde. Dit word gedoen deur middel van 'n opname van meer as 100 laer-intermediêre EVT- Katalaanse studente. Aan proefpersone is eers 'n voortoets gegee waarin hulle 30 Engelse woorde moes vertaal. Daarna is hulle in twee groepe ver­deel wat elkeen 'n verskillende toets moes aflê. Toets 1 het die definisies van 30 woorde bevat wat geneem is uit 'n woordeboek gerig op 'n globale gehoor, terwyl in toets 2 die definisies geneem is uit 'n kul­tu­reel gemotiveerde woordeboek, dit wil sê, 'n woordeboek wat C1-elemente insluit. In die toetse is die studente gevra om weer die 30 Engelse trefwoorde te vertaal wat in die voortoets gegee is. Nadat die resultate van die voortoets met dié van die toetse vergelyk is, toon die studie dat die stu­dente wat 'n EVT-woordeboek gebruik wat C1-verwysings insluit, meer as dubbel die kans staan om die betekenis van die nuwe nageslane woord te begryp as dié wat dit nie doen nie. Die resultate wat verkry is, bevestig vir die eerste keer die beginsels van die skema­teorie op die gebied van die opvoed­kundige leksikografie, wat dui op die belangrikheid van agter­grond- (bv. kul­turele) kennis om leesbegrip te verbeter. Die hoofimplikasie van hierdie bevinding vir die lek­si­ko­grafie is dat dit wens­lik is vir beplanners van EVT-woordeboeke om genativiseerde weer­gawes te ont­wikkel, veral op die laer vlakke, ten einde begrip van die vreemde taal te ver­ge­maklik.
Gepubliceerd
2013-12-20
Citeerhulp
Pujol, D., & Corrius, M. (2013). The Role of the Learner’s Native Culture in EFL Dictionaries: An Experimental Study. Lexikos, 23(1). https://doi.org/10.5788/23-1-1230
Sectie
Leksiko-opname / Lexicosurvey