Introducing <i>Tlhalosi ya Medi ya Setswana</i>: The Design and Compilation of a Monolingual Setswana Dictionary
Trefwoorden:
tlhalosi, thanodi, woordeboek, setswana, eentalig
Samenvatting
Bekendstelling van Tlhalosi ya Medi ya Setswana: Die ontwerp en samestelling van 'n eentalige Setswanawoordeboek.Hierdie artikel bied die ontwerpbeginsels aan van 'n onlangs gepubliseerde eentalige Setswanawoordeboek, Tlhalosi ya Medi ya Setswana (Otlogetswe 2012), die vierde belangrike Setswana eentalige woordeboek wat verskyn het. Die artikel plaas die woordeboek binne 'n onlangse, maar groeiende Setswana eentalige woordeboektradisie waarvan die wortels teruggevoer kan word tot 1976 toe M.L.A. Kgasa se Thanodi ya Setswana ya Dikole gepubliseer is. Voor hierdie datum egter lê die ontwikkeling van die Setswanaleksikografie geheel en al in 'n tweetalige woordeboektradisie wat terugdateer tot die 1800's. Die artikel bespreek ook die verskillende eienskappe van Tlhalosi ya Medi ya Setswana deur aan te toon dat dit 'n aantal woordeboekeienskappe besit wat nie in vorige Setswanawoordeboeke aangetref word nie soos frekwensie-inligting, fonemiese transkripsie en uitvoerige kruisverwysings.
Gepubliceerd
2013-12-20
Citeerhulp
Otlogetswe, T. J. (2013). Introducing <i>Tlhalosi ya Medi ya Setswana</i>: The Design and Compilation of a Monolingual Setswana Dictionary. Lexikos, 23(1). https://doi.org/10.5788/23-1-1228
Nummer
Sectie
Projekte/Projects
Outeursreg op alle materiaal wat in Lexikos gepubliseer is, berus by die Direksie van die Woordeboek van die Afrikaanse Taal. Dit staan skrywers egter vry om hulle materiaal elders te gebruik mits Lexikos (AFRILEX-reeks) erken word as die oorspronklike publikasiebron.