Making an Online Dictionary of New Zealand Sign Language

  • Rachel Locker McKee Deaf Studies Research Unit, School of Linguistics and Applied Language Studies, Victoria University of Wellington, New Zealand
  • David McKee Deaf Studies Research Unit, School of Linguistics and Applied Language Studies, Victoria University of Wellington, New Zealand
Trefwoorden: gebareleksikografie, aanlyn woordeboeke, multi­media­woordeboeke, tweetalige woordeboeke, aanleerderwoordeboeke, nieu-see­landse gebaretaal, video-inhoud, gebaretaalkorpus, polisintetiese mor­fologie, polisemie, sosiolinguistiese variasie, gebaretaallingu

Samenvatting

Die maak van 'n aanlyn woordeboek van Nieu-Seelandse geba­re­taal.Die Online Dictionary of New Zealand Sign Language (ODNZSL) wat in 2011 bekend gestel is, is 'n voorbeeld van 'n hedendaagse gebaretaalwoordeboek wat gebruik maak van die 21ste-eeuse voordele van 'n digitale medium en 'n bestaande hoeveelheid beskrywende navorsing oor die taal, insluitende 'n klein elektroniese korpus van Nieu-Seelandse gebaretaal. Vernuwings in onlangse aanlyn woordeboeke van ander gebaretale het bygedra tot die ontwikkeling van hier­die tweetalige tweerigting-multimediawoordeboek. Video-inhoud en soekhoedanighede in 'n aan­lyn medium is 'n groot vooruitgang om 'n gebareleksikon meer direk aan te bied en gebruikers op veel­sydige maniere toegang te verleen tot die inhoud, maar los nogtans nie al die teoretiese uit­da­gings op waarvoor gebaretaalwoordeboekmakers te staan kom nie. Oorwegings by die redi­ge­ring en tot­standbrenging van die ODNZSL word in hierdie artikel bespreek, insluitende kwessies soos die bepa­ling van lekseme en woordklas in 'n polisintetiese taal, die verkryging van gebruiks­voor­beelde uit 'n klein korpus en die hantering van sosiolinguistiese variasie in die keuse en wer­king van die inhoud.Sleutelwoorde: gebareleksikografie, aanlyn woordeboeke, multi­media­woordeboeke, tweetalige woordeboeke, aanleerderwoordeboeke, nieu-see­landse gebaretaal, video-inhoud, gebaretaalkorpus, polisintetiese mor­fologie, polisemie, sosiolinguistiese variasie, gebaretaallinguistiek, gebruikersprofiel
Gepubliceerd
2013-12-20
Citeerhulp
McKee, R. L., & McKee, D. (2013). Making an Online Dictionary of New Zealand Sign Language. Lexikos, 23(1). https://doi.org/10.5788/23-1-1227
Sectie
Projekte/Projects