Differences in the Inclusion and Treatment of Terminology in OALD3, OALD4 and OALD8

  • Marjeta Vrbinc Faculty of Arts, University of Ljubljana, Ljubljana, Slovenia
  • Alenka Vrbinc Faculty of Economics, University of Ljubljana, Ljubljana, Slovenia
Trefwoorden: definisies, algemene woordeboeke, lemma, eentalige aan­leer­derswoordeboek, oald3, oald4, oald8, wetenskaplike woordeskat, bete­ke­nis­aanduider, kortpaaie, onderwerpsveldetikette, tegniese woor­de­skat

Samenvatting

Verskille in die insluiting en behandeling van terminologie in die OALD3, OALD4 and OALD8.Hierdie artikel gaan oor die insluiting en behan­de­ling van wetenskaplike en tegniese woordeskat in die derde, vierde en agste uitgawes van Oxford Advanced Learner's Dictionary. Die vergelyking van hierdie uitgawes is gebaseer op 'n willekeurige steek­proef van 50 bladsye van OALD8 vanaf die lemma foot tot gimmick. Dieselfde lemmareeks is ook in OALD3 en OALD4 ondersoek. Eerstens is verskillende maniere van die aanduiding van termi­nologie vasgestel: d.i. onderwerpsveldetikette, definisies en kortpaaie. Daarna is al die lem­mas of hul betekenisse wat met 'n onderwerpsveldetiket gemerk is, opgespoor en 'n lys van al die onder­werps­veldetikette wat in hierdie lemmareeks gebruik is, opgestel sodat ooreenkomste en ver­skille tussen die verskeie uitgawes bepaal kan word. Die vergelyking het getoon dat die aantal onder­werps­veld­etikette in aldrie uitgawes amper eenders is, maar die onderwerpsveldetikette ver­skil van uitgawe tot uitgawe. Die kwessie van oordrewe spesifieke etikette (bv. 'anatomy', 'phonet­ics') en etikette wat te breed is (bv. 'science', 'technical') word behandel. Die volgende deel van die arti­kel word gewy aan die veranderinge in die behandeling van TSD- leksikale items in hierdie drie uit­gawes van OALD, vanaf ontbrekende etikette tot veranderinge in etikette en maniere van aan­duiding van termi­nologie deur middel van definisies en/of kortpaaie. Die slot stel verbeteringe in die onder­werps­veldetikette self voor, 'n konsekwenter manier om onderwerpsveldetikette in te sluit selfs wan­neer die definisies die onderwerpsveld aandui en 'n verbeterde gebruik van kort­paaie wanneer die verwysing na 'n spesifieke onderwerpsveld is.
Gepubliceerd
2013-12-20
Citeerhulp
Vrbinc, M., & Vrbinc, A. (2013). Differences in the Inclusion and Treatment of Terminology in OALD3, OALD4 and OALD8. Lexikos, 23(1). https://doi.org/10.5788/23-1-1224
Sectie
Artikels/Articles