Die rol van taalleeronderrig in Afrikaanse woordeboekwerkboeke

  • Michele F. van der Merwe Departement Kurrikulumstudies: Afrikaans, Fakulteit Opvoedkunde, Universiteit Stellenbosch, Stellenbosch
Trefwoorden: afrikaanse opvoedkundige leksikografie, skoolwoorde­boeke, aanleerderswoordeboeke, woordeboekwerkboeke, taalleeronder­rig, taalleeronderrigbenaderings, teksgebaseerde benadering, kommuni­ka­tiewe benadering, leerdergerigte onderrigbenadering, induktiewe o

Samenvatting

Hierdie artikel beskou die rol van woordeboekwerkboeke in die vaar­digheids­opvoe­ding van gebruikers in Afrikaans. Woordeboekwerkboeke word gewoonlik op 'n spesifieke skool- of aanleerderwoordeboek gerig en sluit sodoende by die opvoed­kun­dige leksikografie aan. Die hoofdoel van werkboeke behoort dus 'n opvoedkundige een te wees. Alhoe­wel die opvoed­kun­dige leksikografie meer belangstelling in Suid-Afrika wek, word weinig aan­dag gegee aan die belangrike rol van woordeboekwerkboeke. Woordeboekwerkboeke behoort baie gebruikersgerig te wees, aangesien dit vir spesifieke teikengebruikers saam met die gebruik van 'n spesifieke woorde­boek opgestel word. Die doel van werkboeke word in hierdie artikel geïden­ti­fi­seer deur verskeie werkboeke in die Afrikaanse konteks te analiseer. By nadere ondersoek blyk dit dat werkboeke diverse doelstellings het en ook diverse inhoude bevat. Werkboeke is daarop gemik om teiken­ge­brui­kers meer woordeboekgeletterd te maak, d.w.s. om woordeboeke sinvol te kan gebruik en inlig­ting daaruit suksesvol te ontsluit. Die wyse waarop inligting in werkboeke aan­ge­bied en dus oorge­dra word, reflekteer sekere onderrigbenaderings in taal en hoe dit gestalte kan vind in werk­boeke. Wanneer 'n onderrigbenadering suksesvol toegepas word, is die verwag­ting dat gebruikers se vaardighede sal verbeter. Gevolglik word daar verwys na die ontwikkeling van sekere vaar­dig­hede.Sleutelwoorde: afrikaanse opvoedkundige leksikografie, skoolwoorde­boeke, aanleerderswoordeboeke, woordeboekwerkboeke, taalleeronder­rig, taalleeronderrigbenaderings, teksgebaseerde benadering, kommuni­ka­tiewe benadering, leerdergerigte onderrigbenadering, induktiewe onder­rigmetode, konstruktivisme, onderrigleeraktiwiteite, leerders se woor­deboekvaardighede, onderwyser, leksikograaf, uitgewer
Gepubliceerd
2013-12-20
Citeerhulp
van der Merwe, M. F. (2013). Die rol van taalleeronderrig in Afrikaanse woordeboekwerkboeke. Lexikos, 23(1). https://doi.org/10.5788/23-1-1223
Sectie
Artikels/Articles